Olenekium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Olenekium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Vroeë Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 251,2 tot 247,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Indusium en gevolg deur die Anisium.
Remove ads
Naam en definisie
Die Olenekium is genoem na die rivier Olenjok (of Olenek) in Siberië, waar die oorspronklike tipeligging voorkom. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Neospathodus waageni en is ook naby die eerste voorkoms van die ammoniete Hedenstroemia en Meekoceras gracilitatis. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Chiosella timorensis en lê ook naby die eerste voorkoms van die ammoniete Japonites, Paradanubites en Paracrochordiceras.
Remove ads
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads