Olimpiese Somerspele 1948
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Olimpiese Somerspele 1948 (Engels: 1948 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIVde Olimpiade, is tussen 29 Julie en 14 Augustus 1948 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Londen is bo Baltimore, Lausanne, Los Angeles, Minneapolis en Philadelphia gekies.[7] Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Somerspele van 1936 in Berlyn asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Somerspele 1908 wat in die Britse hoofstad gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1948 is in St. Moritz, Switserland, aangebied.

Spele van die XIVe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as die Austerity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp in Uxbridge het uit kasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soos vleis, botter, melk en brood was steeds gerantsoeneer.
Daar is ook op die infrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. Die Wembley-stadion, wat eintlik 'n sokkerstadion is, het vir die geleentheid 'n atletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Die fietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op die Teemsrivier geroei.
'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland en Japan deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenooi maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.[8]
Remove ads
Sporte
17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Atletiek (33)
Basketbal (1)
Boks (8)
Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
Gewigoptel (6)
Gimnastiek (9)
Kanovaart (9)
Moderne vyfkamp (1)
Roei (7)
Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
Seilvaart (5)
Skermsport (7)
Skyfskiet (4)
Sokker (1)
Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
Veldhokkie (1)
- Watersport
Lacrosse en Sweedse gimnastiek is as demonstrasiesporte aangebied.
Remove ads
Stadions
Sportplekke wat tydens die Olimpiese Somerspele 1948 gebruik is:
Binne Londen




Buite Londen
Remove ads
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Afghanistan (25)
Argentinië (199)
Australië (75)
België (152)
Bermuda (12)
Brasilië (70)
Brits-Guyana (4)
Chili (54)
Colombia (6)
Denemarke (162)
Egipte (85)
Filippyne (26)
Finland (129)
Frankryk (316)
Griekeland (61)
Hongarye (129)
Ierland (73)
Indië (79)
Irak (11)
Iran (36)
Italië (213)
Jamaika (13)
Joego-Slawië (90)
Kanada (118)
Kuba (53)
Libanon (8)
Liechtenstein (2)
Luxemburg (45)
Malta (1)
Meksiko (88)
Mianmar (4)
Monaco (4)
Nederland (149)
Nieu-Seeland (7)
Noorweë (81)
Oostenryk (144)
Pakistan (35)
Panama (1)
Peru (41)
Pole (37)
Portugal (48)
Puerto Rico (9)
Republiek China (31)
Singapoer (1)
Sirië (1)
Spanje (65)
Sri Lanka (7)
Suid-Afrika (35)
Suid-Korea (46)
Swede (181)
Switserland (181)
Trinidad en Tobago (5)
Tsjeggo-Slowakye (87)
Turkye (58)
Uruguay (61)
Venezuela (1)
Verenigde Koninkryk (398)
Verenigde State (300)
Ysland (20)
Suid-Afrikaanse deelname
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Gerald Dreyer (liggewig) en George Hunter (ligswaargewig) wen goud, Dennis Shepherd (veergewig) silwer en John Arthur die bronsmedalje in boks.
Getal medaljes

Neem vir die eerste keer deel
Het reeds vantevore deelgeneem
Gasheerstad LondenHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Remove ads
Sien ook
- Olimpiese Somerspele 1908 in Londen
- Olimpiese Somerspele 1944 in Londen beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Somerspele 2012 in Londen
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads