Soendanese

From Wikipedia, the free encyclopedia

Soendanese
Remove ads

Die Soendanese (L.W. moenie verwar met Soedannees nie) is 'n etniese groep inheems aan die Indonesiese eiland Java. Met sowat 40 miljoen mense (soos in 2010) vorm hulle die tweede grootste etniese groep in Indonesië na die Javane. Die Soendanese is oorwegend Moslems. In hul eie taal Soendanees staan die groep bekend as Urang Sunda, en Orang Sunda of Suku Sunda in die nasionale taal Indonesies.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Soendanees.
Kitsfeite Soendanese Urang Sunda, Totale bevolking: ...
Thumb
Jaipongan Mojang Priangan, 'n tradisionele Soendanese dansopvoering.
Thumb
'n Soendanese bruilof in 'n moskee op Java.

Die Soendanese is tradisioneel gekonsentreer in die provinsies van Wes-Java, Banten, Djakarta, en die westelike deel van Sentraal-Java. Soendanese migrante kan ook gevind word in Lampung en Suid-Sumatra. Die provinsies van Sentraal- en Oos-Java is die tuiste van die Javane, Indonesië se grootste etniese groep.

Die Soendanese kultuur het 'n aantal ooreenkomste met die Javaanse kultuur, maar dit verskil deur meer Islamitiese invloede, met minder Hindoe-Boeddhistiese elemente en het 'n minder rigiede stelsel van sosiale hiërargie.[2]

Die gemeenskaplike identiteit wat Soendanese saambind is hul taal en kultuur.

Remove ads

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads