Soendanees

From Wikipedia, the free encyclopedia

Soendanees
Remove ads

Soendanees (ᮘᮞ ᮞᮥᮔ᮪ᮓ, Basa Sunda; letterlik: "taal van Soenda") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië in die westelike derde van die eiland Java van Indonesië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 34 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Soendanese, omtrent 15% van Indonesië se totale bevolking, en is daarmee na Indonesies/Maleis en Javaans die derde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

Thumb
Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
Thumb
Aksara Sunda (Soendanese skrif)
Hierdie artikel handel oor die taal in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep, sien Soendanese.
Kitsfeite Soendanees ᮘᮞ ᮞᮥᮔ᮪ᮓ, Basa Sunda, Taalkodes ...

Soendanees is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau en Palauaans. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Soendanees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Soendanees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Vroeër is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Dit is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads