Steers

Suid-Afrikaanse kitskosrestaurantketting From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Steers is 'n kitskosrestaurantkonsessie wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Dit verkoop hoofsaaklik vlamgebraaide biefburgers, hoenderburgers en braairibbetjies saam met gaskoeldranke, slaptjips en ander kossoorte.

Kitsfeite Tipe, Gestig ...

Steers het in die 1960's tot stand gekom, nadat die stigter van die maatskappy, George Halamandaris, die Verenigde State besoek en die besluit geneem het om die kitskos-idee na Suid-Afrika te bring. Die eerste Steers-restourant het sy deure in Jeppe, Johannesburg, in 1970 geopen. Die saak het uitgebrei, gepaardgaande met deurry(drive-thru)-restaurante wat in 1997 bekend gestel is, sowel 'n afleweringsdiens vanaf 2008. Steers is nou dwarsoor Suid-Afrika versprei, sowel as in sewentien ander lande in Afrika en Europa.

Die Steers Holdings Group is in 1994 op die JSE Sekuriteitebeurs genoteer, met aandele wat 165c bereik het. Vanaf 2006 is hierdie aandele 400c werd. Die aandelemaatskappy is later na Famous Brands hernoem, wat ander kettingrestaurante soos Wimpy, Debonairs Pizza, FishAways, House of Coffees, Brazilian, Market Café, Whistle Stop en Tashas insluit. Vanaf 1985 word Steers se kleinhandelprodukte, soos hul souse, in Suid-Afrikaanse supermarkte verkoop.

Remove ads

Verkoopsleuses

  • Real food made real good
  • Flame grilled, it just tastes better
  • It's that Good (tans)

Produkte

Steers werk binne die hoëvlaknis van die Suid-Afrikaanse kitskosbedryf en verkoop kos wat gewoonlik duurder is en meer voorbereidingstyd verg.

Steers verkoop oorwegend bief-, groente- en hoenderburgers, toebroodjies, slaptjips, gaskoeldranke, en nageregte, hoewel die fokus meer op gekombineerde etes en winskopies val, soos die:

  • Breakfast on the run (in 'n pita bedien: spek, eiers, kaas, tamatie of kaas, eier en gebraaide uie)
  • Good Guy ('n vlamgebraaide burger met aartappeltjips)
  • Hunga Busta
  • King-size deal (op 'n broodbolletjie met aartappeltjips bedien: Twee vlamgebraaide beesvleisflappies, twee skywe kaas, tamatie en spesiale Steerssous)
  • Wacky Wednesday

Onder Suid-Afrikaanse gebruikers is Steers veral bekend vir sy “Wacky Wednesday” spesiale aanbiedinge; 'n “twee vir die prys van een” burgerwinskopie word slegs op Woensdae verkoop. Die manier hoe die “Wacky Wednesday” bedien word, wissel maandeliks.

Remove ads

Internasionale takke

Voormalige internasionale takke

  • Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk - Steers het hulle eerste tak in die Verenigde Koninkryk by Clapham Junction in Julie 2013 geopen[2]. Hierdie tak is egter in 2018 gesluit.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads