Universiade

recurring international multi-sport event, organized for university athletes From Wikipedia, the free encyclopedia

Universiade
Remove ads

Die Universiade is 'n internasionale sportbyeenkoms vir universiteitstudente. Die geleentheid word deur die FISU (International University Sports Federation of Fédération internationale du sport universitaire) georganiseer. Die naam is 'n kombinasie van die woorde "Universiteit" en "Olimpiade". In Engels word dit ook soms die "World University Games" of "World Student Games" genoem.

Thumb
Die Universiade van 1989
Thumb
Die Universiade van 2011

Die Universiade word elke twee jaar gehou. Dit bestaan uit 'n somer- en 'n winterprogram. Beide vind meestal in dieselfde jaar plaas. Die somer- en winterprogramme word afsonderlik van mekaar deur 'n gasstad georganiseer. Ongeveer 8 000 studente neem aan die somer-, en sowat 3 500 aan die winterprogram deel.

Remove ads

Geskiedenis

In 1923 is 'n "International Universities Championship" reeds in Parys gehou. Dit is deur die "Union Nationale des Étudiants Français" (UNEF) georganiseer. Vanaf 1924 organiseer die "Confédération Internationale des Étudiants" (CIE) elke somer 'n sportbyeenkoms vir studente, wat in 1930 die naam "International University Games" kry. Die byeenkoms is vir die laaste keer in 1939 aangebied.

In 1947 organiseer die "Fédération Internationale du Sport Universitaire" (FISU) weereens 'n sportbyeenkoms. In 1957 kry die byeenkoms die naam "World University Games", en in 1959 die naam Universiade.

Remove ads

Sportsoorte

Plekke

Die onderstaande tabel wys die gasstede van die somer- en winter-universiades respektiewelik.

Meer inligting Jaar, Spele ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads