23 Februarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
23 Februarie is die 54ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 311 dae in die res van die jaar (312 in skrikkeljare).
<< | Februarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | |
Al die dae |
Gebeure
- 385 – Keiser Valentianus III bekragtig die verkiesing van Pous Siricius in 'n brief aan Pinius.
- 1141 – Pous Innocentius II stel Ubaldo Allucingoli (later Pous Lucius III) aan as kardinaal-priester van St. Prassede.
- 1455 – Johannes Gutenberg begin die Gutenbergbybel in Mainz druk.
- 1539 – Pous Paulus III stel Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) aan as abbreviatore del Parco Maggiore.
- 1549 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word aartsbiskop van Napels.
- 1711 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word kardinaal-priester van Ss. Quirico en Giulitta.
- 1739 – Pous Clemens XII stel Gaetano Stampa, aartsbiskop van Milaan en Pierre-Guérin de Tencin, aartsbiskop van Embrun aan as kardinaal.
- 1801 – Pous Pius VII stel 24 nuwe kardinale aan waaronder Giuseppe Firrao, titulêr aartsbiskop van Petra.
- 1854 – Die Oranje-Vrystaat verkry onafhanklikheid deur die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein.
- 1893 – Rudolf Diesel ontvang 'n patent vir die dieselenjin.
- 1903 – Guantanamobaai, Kuba, word tot in ewigheid aan die VSA verhuur.
- 1929 – Op Otjiwarongo in die destydse Suidwes-Afrika word die hoeksteen van die NG gemeente Otjiwarongo se eerste saal aldaar gelê.
- 1912 – Die Week, voorloper van Die Vaderland, verskyn die eerste keer.
- 1945 – Joe Rosenthal neem die Pulitzerpryswennerfoto Raising the Flag on Iwo Jima, 'n beeld wat later herskep word in die beeld by die Amerikaanse Marinierskorps Oorlogsmonument.
- 1947 – Die Internasionale Organisasie vir Standardisasie word gestig. Dit is verantwoordelik vir wêreldwye industriële en kommersiële ISO-standaarde.
- 2025 – ’n Vervroegte Federale verkiesing is in Duitsland gehou om die 630 lede van die 21ste Bundestag te verkies.
Remove ads
Geboortes
- 1417 – Pietro Barbo, later Pous Paulus II († 1471).
- 1417 – Ludwig IX, Duitse hertog van Beiere-Landshut († 1479).
- 1443 – Matthias Corvinus, koning van Hongarye en Bohemie († 1490).
- 1473 – Arnold van Egmont, hertog van Gelderland († 1473).
- 1605 – Frans Banninck Cocq, 17de eeuse burgemeester van Amsterdam († 1655).
- 1633 – Samuel Pepys, staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society († 1703).
- 1685 – Georg Friedrich Händel, Engelse komponis van Duitse afkoms († 1759).
- 1880 – Ida Darling, Amerikaanse aktrise († 1936).
- 1907 – Otto du Plessis, ‘n dinamiese leier op kulturele en politieke gebied († 1960).
- 1924 – Allan McLeod Cormack, Suid-Afrikaansgebore natuurkundige († 1998).
- 1939 – Denis Arndt, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger († 2025).
- 1945 – Allan Boesak, geestelike van die eertydse NG Sendingkerk, politikus en anti-apartheidsaktivis.
- 1956 – Lydia Winchester, Suid-Afrikaanse musiekpromotor.
- 1974 – Herschelle Gibbs, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1983 – Aziz Ansari, Amerikaanse akteur.
- 1983 – Emily Blunt, Amerikaanse aktrise.
- 1994 – Dakota Fanning, Amerikaanse aktrise.
Remove ads
Sterftes
- 1011 – Willigis, Duitse aartsbiskop van Mainz (* 940).
- 1447 – Pous Eugenius IV, 207de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1431 tot 1447 (* 1383).
- 1507 – Gentile Bellini, Italiaanse skilder uit die Renaissance (* 1429).
- 1740 – Taco Hajo van den Honert, Duitse protestantse teoloog (* 1666).
- 1766 – Stanislas Leszczynski, koning van Pole (* 1677).
- 1797 – Gustav Ludwig von der Marwitz, Pruisiese generaal (* 1730).
- 1817 – Bazyli Bohdanowicz, Poolse komponis (* 1740).
- 1821 – John Keats, Engelse Romantiese digter (* 1795).
- 1848 – John Quincy Adams, 6de President van die Verenigde State (* 1767).
- 1855 – Carl Friedrich Gauss, Duitse wiskundige, astronoom (* 1777).
- 1871 – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika (* 1723).
- 1929 – Mercédès Jellinek, Oostenrykse vrou na wie die voertuig-handelsnaam Mercedes-Benz vernoem is (* 1889).
- 1930 – Horst Wessel, Duitse SA-Leier en komponis van die Horst-Wessel-Lied (* 1907).
- 1934 – Edward Elgar, Engelse komponis (* 1857).
- 1965 – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show (* 1890).
- 1989 – Hans Hellmut Kirst, Duitse skrywer (* 1914).
- 2003 – Ds. Frans Maritz, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en leier in die Sinode van Midde-Afrika (* 1946).
- 2010 – Madeleine van Biljon, Suid-Afrikaanse skryfster en joernalis (* 1928).
- 2016 – Dr. Anton Prinsloo, Afrikaanse taalwetenskaplike en skrywer (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Verdedigers van die Moederlanddag in Rusland (1918)
- Republiekdag in Guiana, (1970),
- Lanternfees in die Chinese kalender (2005).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 February. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads