Federale onderwerp van Rusland, wat de jure deel is van Oekraïne From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Volksrepubliek Donetsk (Russies: Донецкая Народная Республика, Donetskaja Narodnaja Respublika, [dɐˈnʲetskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[3]
| |||||
Volkslied: Государственный Гимн Донецкой Народной Республики (Russies vir: "Staatsvolkslied van die Volksrepubliek Donetsk") | |||||
Hoofstad | Donetsk | ||||
Grootste stad | Donetsk | ||||
Amptelike tale | Russies[1] | ||||
Regering | In naam 'n unitêre presidensiële republiek Denis Poesjilin Witalij Khotsenko | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Stigting • Onafhanklikheidsreferendum • Ooreenkoms van Minsk • Tweede ooreenkoms van Minsk • Russiese erkenning • Russiese anneksasie |
van Oekraïne 7 April 2014 11 Mei 2014 5 September 2014 12 Februarie 2015 21 Februarie 2022 30 September 2022 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 902 km2 3 437 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2018-skatting - Digtheid |
2 302 444[2] (–) / km2 | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MSK (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | – | ||||
Skakelkode | +380 62 |
Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Donetsk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Donetsk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Donetsk-oblast verwys.
Die Volksrepubliek Donetsk is langs die Oekraïens-Russiese grens en die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Donetsk. Die Volksrepubliek Donetsk beslaan 'n oppervlakte van 8 902 km² en het 'n bevolking van 2 302 444 in 2018 gehad. Die Volksrepubliek Donetsk grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.