2018 Belgiese Grand Prix

From Wikipedia, the free encyclopedia

2018 Belgiese Grand Prix
Remove ads

Die 2018 Formule Een Belgiese Grand Prix is op 26 Augustus 2018 op die Circuit de Spa-Francorchamps, in België, gehou. Dit was die dertiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Thumb
Kitsfeite Voorste wegspringplek, Vinnigste Rondte ...
Remove ads

Agtergrond

Ná die Hongaarse Grand Prix lei Lewis Hamilton die renjaers met 24 punte voor Sebastian Vettel en 67 punte voor Kimi Räikkönen. In die vervaardigerskampioenskap is Mercedes 10 punte voor Ferrari en 122 punte voor Red Bull Racing.

Met Räikkönen (vierkeer), Hamilton (driekeer), Vettel (tweekeer) en Ricciardo (eenkeer) ding vier voormalige wenners mee in hierdie Grand Prix.

Bande deur Pirelli beskikbaar gestel

Meer inligting Bande vir 'n droë baan, Reënbande ...

Oefensessies

Vrye oefening

Meer inligting Vrye oefening 1, Pos ...

Kwalifisering

Tydens kwalifisering, waarin die laaste en beslissende sessie onder reënerige toestande gehou is, het Lewis Hamilton sy sesde paalposisie van die seisoen vir Mercedes behaal.[1] Ferrari-bestuurder Sebastian Vettel het die tweede beste tyd aangeteken. Die Force India-bestuurders Esteban Ocon en Sergio Pérez het derde en vierde geëindig, terwyl Haas-bestuurder Romain Grosjean vyfde geëindig het. Die top 5 het bly voortjaag tot aan die einde van die kwalifisering toe die baan stadig weer uitgedroog het. Ferrari-bestuurder Kimi Räikkönen, Red Bull-bestuurders Max Verstappen en Daniel Ricciardo, asook Kevin Magnussen kon nie 'n vinnige rondte op daardie tydstip jaag nie, wat onderskeidelik sesde, sewende, agtste en negende was. Die top 10 is afgesluit deur die tweede Mercedes-bestuurder, Valtteri Bottas, wat nie 'n tyd kon aanteken nie.

Verskeie onderdele aan Bottas se enjin is deur sy tegniese span vervang, wat hom met meer as die maksimum aantal gemagtigde enjins per seisoen gelaat het. Hy ontvang daarom 'n straf wat hom heel agter laat wegspring.[2] Renault-bestuurder Nico Hülkenberg het dieselfde straf ontvang. Renaultbestuurder Carlos Sainz jr. en McLaren-jaer Stoffel Vandoorne moes ook alby 'n hele paar onderdele aan hul enjins vervang en kry dieselfde straf.[3]


Meer inligting Pos, No ...
Thumb
← VOOR      Posisies na kwalifisering vir die 2018 Belgiese Grand Prix
Thumb
← VOOR      Wegspringrooster vir die 2018 Belgiese Grand Prix
Remove ads

Wedren

Renuitslag

Meer inligting Pos, No ...
Remove ads

Puntestand ná die Grand Prix

Renjaers

Vervaardigers

Meer inligting Posisie, Span ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads