2018 Italiaanse Grand Prix

From Wikipedia, the free encyclopedia

2018 Italiaanse Grand Prix
Remove ads

Die 2018 Formule Een Italiaanse Grand Prix het op 2 September 2018 op die Autodromo Nazionale Monza, in Italië, plaasgevind. Dit was die veertiende wedren van die kampioenskapseisoen.

Kitsfeite Formula 1 Heineken Gran Premio d'Italia 2018, Voorste wegspringplek ...
Remove ads

Bande deur Pirelli beskikbaar gestel

Meer inligting Bande vir 'n droë baan, Reënbande ...

Die Grand Prix by Monza is nie net die tuiswedren van Scuderia Ferrari en Scuderia Toro Rosso nie, maar ook vir Pirelli. Die Italiaanse bandvervaardiger, die enigste verskaffer van bande vir Formule 1, het self goed gevaar.

Oefensessies

Vrye oefening

Meer inligting Vrye oefening 1, Pos ...
Remove ads

Kwalifisering

'n Groot ongeluk het in die eerste draai van die vorige ren in België plaasgevind, waarin vyf bestuurders betrokke was. Die Renault-bestuurder, Nico Hülkenberg, het 'n straf van tien wegspringplekke vir dié wedren ontvang vir sy aandeel in die ongeluk.[1] Later het Hülkenberg 'n verdere straf ontvang omdat hy sy enjin verander het, waarmee hy die maksimum aantal toegelate enjins per seisoen oorskry het en daarom aan die stertkant moes begin. Red Bull-bestuurder Daniel Ricciardo het ook hierdie straf gekry.[2] Sauber-bestuurder, Marcus Ericsson, het 'n heelnuwe onderstel gekry nadat hy in die tweede vrye oefening in 'n groot ongeluk was, wat veroorsaak is deur die versuim van die DRS om behoorlik te sluit. Hy het ook 'n nuwe Ferrari-enjin aangevra, wat hom tien wegspringplekke gekos het.[3]

Uitslag

Meer inligting Pos, No ...
Thumb
← VOOR      Posisies na kwalifisering vir die 2018 Italiaanse Grand Prix
Thumb
← VOOR      Wegspringrooster vir die 2018 Italiaanse Grand Prix
Remove ads

Wedren

Max Verstappen het oorspronklik derde oor die eindstreep gejaag, maar is met 5 sekondes beboet omrede hy vroeër 'n botsing met Valtteri Bottas veroorsaak het.

Na afloop van die wedren word Romain Grosjean gediskwalifiseer omdat die onderstel van sy motor nie aan die reëls voldoen nie. Alle renjaers wat agter hom eindig, skuif dus een plek op in die uitslae. Sergej Sirotkin behaal hierdeur sy eerste punt in Formule 1. [4]

Renuitslag

Meer inligting Pos, No ...
Remove ads

Puntestand na die Grand Prix

Renjaers

Vervaardigers

Meer inligting Posisie, Span ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads