Albanees

From Wikipedia, the free encyclopedia

Albanees
Remove ads

Albanees of Albanies[5] (shqip, [ʃcip] of gjuha shqipe, [ˈɟuha ˈʃcipɛ]) is 'n Indo-Europese Satəm-taal wat deur sowat 5,4 miljoen mense gepraat word. Albanees is die amptelike taal van Albanië, saam met Serwies van Kosowo en saam met Masedonies van Noord-Masedonië. Daarbenewens is Albanees in Montenegro in amptelike gebruik. Dit word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joego-Slawië asook in dele van Griekeland, Italië en Turkye.

Thumb
Verspreiding van Albanees
Thumb
Verspreiding van Albanese dialekte in Suid-Europa
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Albanese.

 

Kitsfeite Albanees shqip of gjuha shqipe, Amptelike status ...
Meer inligting Indo-Europese tale ...

Albanees is bekend sedert die 15de eeu. Die taal vorm 'n taalgroep op sy eie en dit bestaan uit baie dialekte wat in twee groepe onderverdeel kan word, naamlik Ghegies in die noorde en Toskies in die suide.

Kennis van die taal is dus eers laat verkry, en dit is steeds skamel beskryf. Dit is baie sterk deur Latyn, Turks en Grieks beïnvloed sodat die taal sodanig verander het dat dit vandag baie vêr van Proto-Indo-Europees verwyderd is. Albanees word met die Latynse alfabet geskryf.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads