Cookeilande

From Wikipedia, the free encyclopedia

Cookeilande
Remove ads

Die Cookeilande (Engels: Cook Islands, ; Cookeilandse Māori: Kūki 'Āirani[6]) is 'n groep van 15 eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 55 lande erken. Die eilande is na James Cook genoem, maar hulle oorweeg tans 'n naamsverandering om die Polinesiese erfenis te weerspieël.[7]

Thumb
Kaart van die Cookeilande
Kitsfeite

Die 15 klein eilandjies beslaan 'n totale oppervlakte van 236,7 vierkante kilometer en het 'n bevolking van 17 518 in 2018 gehad. Die Cookeilande is in die weste van Frans-Polinesië, in die suide van Kiribati, in die ooste van Tokelau, Amerikaans-Samoa, Niue en Tonga en in die noordooste van Nieu-Seeland geleë. Die gebied se hoofstad en grootste stad Avarua is op die grootste eiland, Rarotonga, geleë.

Remove ads

Geografie

Thumb
Kaart van die Cookeilande

Die Cookeilande bestaan uit 15 eilande:

Meer inligting Groep, Eiland ...
Remove ads

Politiek

Internasionale erkenning

Thumb
Buitelandse betrekkinge van die Cookeilande:

 Cookeilande

 Lande wat diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande handhaaf

 Lande wat konsulêre verhoudings met die Cookeilande handhaaf

Die volgende lande het formele diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande gevestig.[8]

Oseanië (15 lande)


Asië (14 lande)


Afrika (1 land)


Europa (18 lande)


Amerikas (6 lande)

Remove ads

Sport

Thumb
Die Cookeilande se haka voor die wedstryd teen Niue, 2015

Rugby League is die gewildste sportsoort op die Cookeilande en word as nasionale sport beskou. Rugby,[9] sokker en die vroue se netbal is ook gewild.

Rugby is deur Nieu-Seelanders na die Cookeilande saamgebring en was, soos op die meeste eilandstate van die Stille Oseaan, vanaf die begin van die 20ste eeu die gewildste sportsoort op die Cookeilande. Die nasionale span spel egter slegs teen "kleiner" nasionale spanne en kon tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[10] Hulle kon wel vir die Wêreldrugby o/20-trofee 2008 kwalifiseer.[11]

Rugby League het rugby as gewildste sportsoort oorvleuel en word as die eilandstaat se nasionale sport beskou.[12] Die nasionale span het tot dusver aan drie rugbyleaguewêreldbekertoernooie deelgeneem (in 2000, 2013 en 2021).

Sokker word op die Cookeilande ook beoefen en die nasionale span kom veral teen ander kleiner eilandstate van die Stille Oseaan te staan. Hulle kon nog nie vir 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle het aan twee Oseanië-sokkerkampioenskappe deelgeneem (in 1998 en 2000).

Soos in ander lidlande van die Britse Statebond is netbal gewild en die nasionale span het aan ses netbalwêreldbekertoernooie deelgeneem. Tydens die Pasifiese Spele het hulle twee goue medaljes (in 1966 en 1991) ingepalm en tydens die Mini-Pasifiese Spele vyf goue medaljes (in 1981, 1985, 1989, 1993 en 1997).

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op die Cookeilande 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen.[9]

Beelde

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads