FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.
Remove ads
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Remove ads
Deelnemende spanne

Remove ads
Wedstrydbal

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en van die Adidas Tango 12, die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal, ontleen. Dit is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se loting onthul. Die bal is genoem “Cafusa” ([kɐˈfuzɐ]) – ’n sillabiese afkorting van die Brasiliaans-Portugese woorde carnaval (“karnaval”), futebol (sokker) en samba,[7] afgesien van die feit dat dit homofoon is met cafuza, die Portugese woord vir ’n zamba. d.w.s. ’n vrou van gemengde Amerindianse en Afrika-herkoms. Die voormalige Brasiliaanse kaptein Cafu is genooi om die bal amptelik te onthul.[7]
Formaat
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2013 op die Estádio Nacional in Brasília met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 30 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Spanje, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005 en 2009 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
Groepfase
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Remove ads
Wedstryde
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2012 in die Anhembi-konferensiesentrum in São Paulo gehou.
Groepfase
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A

15 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
3–0 | ![]() |
Estádio Nacional, Brasília Toeskouers: 67 423 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Neymar ![]() Paulinho ![]() Jô ![]() |
Verslag |
16 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
1–2 | ![]() |
Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 73 123 Skeidsregter: Enrique Osses (Chili) | |
Hernández ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
19 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
2–0 | ![]() |
Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 57 804 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Neymar ![]() Jô ![]() |
Verslag |
19 Junie 2013 19:00 | ||||
![]() |
4–3 | ![]() |
Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 40 489 Skeidsregter: Diego Abal (Argentinië) | |
De Rossi ![]() Uchida ![]() Balotelli ![]() Giovinco ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
22 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
2–4 | ![]() |
Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 48 874 Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan) | |
Giaccherini ![]() Chiellini ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() ![]() |
22 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
1–2 | ![]() |
Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 52 690 Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland) | |
Okazaki ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
Groep B

16 Junie 2013 19:00 | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 41 705 Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan) | |
Pedro ![]() Soldado ![]() |
Verslag | ![]() |
17 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
1–6 | ![]() |
Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 20 187 Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador) | |
J. Tehau ![]() |
Verslag | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
20 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
10–0 | ![]() |
Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 71 806 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Torres ![]() ![]() ![]() ![]() Silva ![]() ![]() Villa ![]() ![]() ![]() Mata ![]() |
Verslag |
20 Junie 2013 19:00 | ||||
![]() |
1–2 | ![]() |
Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 26 769 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
Mikel ![]() |
Verslag | ![]() ![]() |
23 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
0–3 | ![]() |
Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 51 263 Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador) | |
Verslag | ![]() ![]() ![]() |
23 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
8–0 | ![]() |
Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 22 047 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Hernández ![]() ![]() ![]() ![]() Pérez ![]() Lodeiro ![]() Suárez ![]() ![]() |
Verslag |
Uitklopfase


Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
26 Junie – Belo Horizonte | |||||||
![]() |
2 | ||||||
![]() |
1 | ||||||
30 Junie – Rio de Janeiro | |||||||
![]() |
3 | ||||||
![]() |
0 | ||||||
Derde plek | |||||||
27 Junie – Fortaleza | 30 Junie – Salvador | ||||||
![]() |
0 (7) |
![]() |
2 (2) | ||||
![]() |
0 (6) |
![]() |
2 (3) |
Halfeindrondte
26 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
2–1 | ![]() |
Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 57 483 Skeidsregter: Enrique Osses (Chili) | |
Fred ![]() Paulinho ![]() |
Verslag | ![]() |
27 Junie 2013 16:00 | ||||
![]() |
0–0 (e.t.) | ![]() |
Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 56 083 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Strafskoppe Xavi ![]() Iniesta ![]() Piqué ![]() Ramos ![]() Mata ![]() Busquets ![]() Navas ![]() |
Verslag Strafskoppe 7–6 |
Strafskoppe![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Klein finale (om die derde plek)
30 Junie 2013 13:00 | ||||
![]() |
2–2 (e.t.) | ![]() |
Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 43 382 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Cavani ![]() ![]() Strafskoppe Forlán ![]() Cavani ![]() Suárez ![]() Cáceres ![]() Gargano ![]() |
Verslag Strafskoppe 2–3 |
![]() ![]() Strafskoppe ![]() ![]() ![]() ![]() |
Eindstryd
30 Junie 2013 19:00 | ||||
![]() |
3–0 | ![]() |
Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 73 531 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
Fred ![]() ![]() Neymar ![]() |
Verslag |
Remove ads
FIFA se terugwerkende ranglys

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8] Die ranglys vir die 2013-toernooi is soos gevolg:
Remove ads
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads