Friulaans

From Wikipedia, the free encyclopedia

Friulaans
Remove ads

Die gebied waar Friulaans of Frioelies (Furlan) gepraat word, Frioelië, lê in die uiterste Noord-Ooste van Italië, maar omvat ook dele van Istrië en Dalmasië in Kroasië, afhangend van hoe ruim die definisie van Friulaans geïnterpreteer word. In Italië word Friulaans in skole in die provinsies Udine en Pordenone aangebied.

 

Kitsfeite Friulaans Furlan, Amptelike status ...
Thumb
Padteken in Italiaans en Friulaans

Friulaans is 'n Latynse dialek en 'n Retoromaanse variëteit. Die taal word ook Oos-Ladinies genoem aangesien dit dieselfde wortels as Ladinies het. Dit het egter deur die eeue op ander maniere ontwikkel onder die invloed van naburige kulture (Duits, Italiaans, Venesies, Sloweens. Die invloed van Duits is baie minder as op die tale wat in Switserland gepraat word. Die taal word lewend gehou deur die ongeveer 750 000 inwoners van die streek, deur 'n aktiewe filologiese genootskap en deur die honderdduisende Friulane wat oor die hele wêreld, met swaartepunt in die Verenigde State, Argentinië en Venezuela, geïmmigreer het. Oënskynlik is daar ook sprekers in Suid-Afrika (Friulaans: Sudafriche).

Fruili heet in Friulaans Friûl; Friulaans heet Furlân, die Friulane heet Furlâns.

Heelwat letterkunde bestaan in Friulaans, veral streekromans en streekgedigte. Die bekende filmregisseur en digter Paolo Pasolini skryf (ook) in Friulaans. Dit is besonders dat baie literêr hoogstaande tekste nog steeds in Friulaans geskryf word. Die taal bly ook nie agter wat betref kontemporere kultuur nie soos gedemonstreer deur die Italiaanse Rap groep DLH Posse wat ook in Friulaans musiek maak.

Remove ads

Voorbeelde

  • Hallo, my naam is Jaco!
    Mandi, jo o mi clami Jacum!
  • Dit is vandag baie warm!
    Vuê al è propite cjalt!
  • Ek moet nou gaan, totsien
    O scugni propite lâ cumò, ariviodisi
  • Ek kan nie vanaand saam met jou uitgaan nie, ek moet studeer
    No pues vignî fûr usgnot, o ai di studiâ

Eksterne skakels

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Friulaans


Meer inligting Italiese groep, Romaanse tale ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads