Galjoen
visspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die galjoen (Dichistius capensis) is 'n vis endemies aan Suider-Afrika en kom aan die kus vanaf Namibië tot by Durban voor. In Engels staan die vis ook as galjoen bekend.
Remove ads
Voorkoms

In rotsareas is die vis swartbruin tot donkergrys en word binne sekondes silwerkleurig wanneer dit oor wit sandareas beweeg. Dit het 'n dik lyf en klein skubbetjies. Dit kan 'n lengte van tot 80 cm bereik en word 6,5 kg swaar. Dit is ook Suid-Afrika se nasionale vis.
Habitat
Die vis kom voor in onstuimige water in rotsagtige en sandstrande met sterk golfaksie. Hulle vreet mossels, eendmossels, rooiaas, alge en borselwurms. Hulle neig om aan 'n gebied gebonde te wees. Die wyfies bereik volwassenheid sodra hulle 34 cm lank is na ongeveer ses jaar. Hulle skiet kuit van Oktober tot Maart.
Dit is 'n gesogte eetvis. Die SADSAA hengelrekord is 1,8 kg. Die vis mag nie gevang word van die 15de Oktober tot die laaste dag van Februarie nie.
Remove ads
Sien ook
Bronne
- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Galjoen.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Galjoen- Fishbase: Dichistius capensis
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
