Koningsprotea

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Koningsprotea
Remove ads

Die koningsprotea (Protea cynaroides), ook bekend as die reuseprotea, koningsuikerbos of heuningpot, is 'n blom en die grootste lid van die Proteagenus en is deel van die fynbosbioom. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Gqeberha. Die struik het meer as een stam en word tot 2 m in deursnee en ook tot 2 m hoog. Dit blom regdeur die jaar.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word deur die wind versprei en die plant is eenslagtig. Die aktiwiteite van voëls is verantwoordelik vir die bestuiwing. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0–1 500 m.

Remove ads

Nasionale embleem

Die koningsprotea is die nasionale blom en sportembleem van Suid-Afrika. Dit verskyn op die wapen van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan (Proteas) se bynaam is aan dié plant ontleen.

Fotogalery

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Meer inligting Amptelike simbole van Suid-Afrika ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads