Ganges

groot oos-vloeiende rivier in Asië From Wikipedia, the free encyclopedia

Ganges
Remove ads

Die Ganges of Ganga (Hindi: गंगा; Bengaals: গঙ্গা, Gônga; Sanskrit: गङ्गा; Oerdoe: گنگا, Gaṅgā) is 'n groot oos-vloeiende rivier in Asië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 525 km (1 569 myl), is ná die Indus en die Brahmaputra die derde langste rivier in Suid-Asië. Die Ganges is die heiligste rivier in Hindoeïsme[4] en sterk besoedel deur riool.[5]

Kitsfeite
Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Gangesdelta

Die Ganges ontstaan deur die saamvloei van die Bhagirathi en die Alaknanda binne die Himalaja in die streek Garhwal van die Indiese deelstaat Uttarakhand, net suid van die grens tot die Chinese outonome gewes Tibet, naby die berg Kailash. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidelike rigting, voordat dit die Groot Vlakte bereik, een van die mees digbevolkte gebiede van die wêreld. Net oos van die Indiese hoofstad Nieu-Delhi vloei die Ganges in 'n oostelike rigting en bereik die deelstaat Uttar Pradesh. Hier vloei dié rivier deur Kanpur, die grootste stad aan die boloop. In Allahabad mond die Yamuna, die Ganges se belangrikste sytak, in dié rivier uit. Net oos daarvan bereik dié rivier die stad Waranasi, in die Hindoeïsme die mees belangrike pelgrimsoord aan die Ganges. Aansluitend vloei die Ganges deur die deelstaat Bihar en bereik Patna, die grootste stad aan dié rivier. Beide stede, Waranasi en Patna, behoort tot Indië se oudste nedersettings. Verder oos vloei dié rivier deur die deelstate Jharkhand en Wes-Bengale, waar waterryke sytakke vanuit die Himalaja in die Ganges uitmond. Aansluitend bereik die Ganges Bangladesj, waar die rivier Hugli genoem word. Net wes van dié land se hoofstad Dhaka vloei die Ganges en die Brahmaputra saam en vorm die Padma. Die Padma vloei verder in 'n suidwestelike en aansluitend in 'n suidelike rigting. Later mond dit in die Gangesdelta in die Golf van Bengale uit.

Remove ads

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads