Groot-Bergrivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Groot-Bergriviermap
Remove ads

Die Groot-Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.

Kitsfeite Bergrivier, Koördinate: 32°46′13″S 18°8′41″O ...
Thumb
Treinbrug oor die Bergrivier, deur Thomas Bowler.
Thumb
Crossing the Berg River, c. 1810, deur die skilder William Burchell.

Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal in sy volle lengte bevaar met 'n hout boot, die Zephyr. Dit het 9 dae geduur.

Remove ads

Vis

Die Bergrivier-rooivlerkie is endemies aan die rivier.

Kanowedvaart

Die Bergrivier is jaarliks in Julie gasheer vir een van die langste kanomaratons in die wêreld, die Bergrivier-kanowedvaart.

Die Bergrivierdam is gedurende 2008 voltooi in die Bergrivier naby Franschhoek.

Bibliografie

  • Burman, Jose: Waters of the Western Cape. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970.
  • Green, Lawrence G.: On wings of fire. A narrative of odd and unusual characters and queer, remote places along the flamingo coast from Swakopmund to the Cape. Kaapstad: Howard Timnins, 1982. ISBN 0-86978-212-6
  • Green, Lawrence G.: The coast of treasure. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-048-4
  • Green, Lawrence G.: So few are free. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-247-9

Eksterne skakels


Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads