Madoerees

From Wikipedia, the free encyclopedia

Madoerees
Remove ads

Madoerees (Madhura, Basa Mathura, بَهاسَ مَدورا; letterlik: "taal van Madoera") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Madoera (vandaar die naam) en die aangrensende oostelike deel van die eiland Java van Indonesië asook deur Madoerese emigrante in Maleisië en Singapoer gepraat word. Die taal word tans deur sowat 6,8 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Madoerese, en is na Indonesies/Maleis, Javaans en Soendanees die vierde belangrikste taal van Indonesië, maar geniet nie ampstaalstatus nie.

Thumb
Verspreiding van tale op die eilande Java, Bali en Madoera in Indonesië
Thumb
Madoerees in Javaanse skrif, uittreksel van die Raden Segara, 1890
Kitsfeite Madoerees Madhura, Basa Mathura, بَهاسَ مَدورا, Taalkodes ...

Madoerees is verwant aan Balinees, Bandjarees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Madoerees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Madoerees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Voorheen is ook die Javaanse skrif, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, gebruik. Laasgenoemde is verwant aan die Balinese skrif van die Balinese taal.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads