Kaapse Maleiers

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kaapse Maleiers
Remove ads

Die Kaapse Maleiers (Maleis: Melayu Cape) is 'n gemeenskap of etniese groepering van Oosterlinge in Suid-Afrika. Meeste van hulle is van Maleisië afkomstig. Hulle woon hoofsaaklik in en om Kaapstad, onder andere in die Bo-Kaap (vroeër die "Maleierbuurt") teen die hange van Seinheuwel. Saam met die Malgasse van Madagaskar vorm die Kaapse Maleiers die enigste inheemse Austronesiese volk in Afrika.

Thumb
Maleierkoor in die eertydse Distrik Ses
Thumb
'n Koorkompetisie in Kaapstad
Thumb
Bo-Kaap, Kaapstad se Maleise kwartier
Thumb
Kaapse Maleise blommeverkoper
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Hulle voorvaders is as slawe deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring. Die eerste groep het in 1667 aangekom. Later het 'n aantal politieke bannelinge van Maleisië, in besonder Sjeik Joseph, hier aangeland. Betreklik min vermenging het met ander rasse plaasgevind en hulle bly toegewyde Moslems. Hulle is bekend vir hulle wetsgehoorsame karakter en hoë morele standaard.

As vakmanne spesialiseer hulle meestal as perdeversorgers, koetsiers, vissers, kleremakers, meubelmakers en kuipers. Hulle behou nog baie van hulle ou tradisies, onder andere hulle melodieuse liedere, byna die enigste vorm waarin hulle oorspronklike taal behou gebly het.

Vandag praat meeste van hulle Afrikaans. Professor A. van Selms (1906–1984) van Pretoria het godsdienstige boeke ontdek wat reeds in die 18de eeu vir hulle in Konstantinopel in Arabiese skrif gedruk is.

Verskeie Suid-Afrikaanse geregte is van Maleisiese oorsprong, onder andere tamatiebredie, bobotie, sosaties en koeksisters.

Remove ads

Bron

Eksterne skakels

Meer inligting Etniese groepe in Suid-Afrika ...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads