Mindoro
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mindoro (Cebuano: Pulo sa Mindoro; Tagalog: Pulo ng Mindoro) is die sewende grootste eiland van die eilandnasie Filippyne, na Luzon in die noorde, Mindanao in die suide, Samar in die ooste, Negros in die middel, Palawan in die weste en Panay. Dit is in die noordweste van Filippyne geleë. Mindoro grens in die noordweste aan die Suid-Chinese See en in die suide aan die Sulusee; albei behoort tot die Stille Oseaan.

Mindoro beslaan 'n oppervlakte van 10 571,8 km² en het 'n bevolking van 1 331 473 in 2015 gehad. Net noord is die eiland Luzon en suidwes die Visayas geleë. Soms word Mindoro as deel van die eilandgroep Luzon beskou.
Die Spanjaarde het die eiland Mina de Oro (letterlik: "goudmyn") genoem, waarvan die huidige naam afgelei is.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mindoro.- (en) Toerisme-inligting oor Mindoro op Wikivoyage
- (en) "Mindoro". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2020.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
