Tale van Rusland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Tale van Rusland
Remove ads

Van al die tale van Rusland is Russies die enigste amptelike taal regdeur die Russiese Federasie. Altesaam 27 ander tale is saam met Russies amptelike tale in sekere streke.

Kitsfeite Federale amptelike taal, Ander amptelike tale ...
Remove ads

Geskiedenis

Russies was die enigste amptelike taal van die Russiese Ryk, wat tot in 1917 bestaan het. Tydens die Sowjettyd het die beleidrigtings oor die verskillende entniese groepe se tale in die praktyk verskil. Die staat het alfabette en grammatika help ontwikkel vir verskeie tale wat nie oor ’n skryfvorm beskik het nie. Hoewel elk van die Sowjetrepublieke sy eie taal gehad het, was Russies die enigste amptelik taal van die hele Sowjetunie.

Russies het sy status verloor in baie van die nuwe republieke wat ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 ontstaan het. In Rusland het dit egter sy oorheersende status behou. Vandag ontvang 97% van skoliere in staatskole hul onderrig net of hoofsaaklik in Russies, hoewel net 80% etniese Russe is.

Remove ads

Amptelike tale

Hoewel Russies die enigste federale amptelike taal in Rusland is, is daar verskeie ander tale in die federale deelgebiede wat ook amptelike status het. Hieronder is ’n lys van tale wat net in dele van Rusland amptelike status het (die taalfamilie waartoe hulle behoort, word tussen hakies gegee):

  1. Abazyns (Noordwes-Kaukasies; in Karatsjai-Tsjerkessië)[2]
  2. Adigies (Noordwes-Kaukasies; in die Republiek van Adigea)
  3. Altais (Turks; in die Republiek van Altai)
  4. Awaars (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Dagestan)
  5. Basjkiries (Turks; in die Republiek van Basjkortostan)
  6. Boerjaties (Mongools; in die Republiek van Boerjatië)
  7. Chakassies (Turks; in die Republiek van Chakasië)
  8. Chanti (Oeraals; in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg)
  9. Erzja (Oeraals; in die Republiek van Mordowië)
  10. Ingoesjeties (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Ingoesjetië)
  11. Jakoeties (Turks; in die Republiek van Sacha (Jakoetië))
  12. Kabardies (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië[2])
  13. Kalmikies (Mongools; in die Republiek van Kalmikië)
  14. Karatsjai-Balkaries (Turks; in die Republiek van Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië[2])
  15. Komi-Sirjeens (Oeraals; in die Republiek van Komi)
  16. Mansi (Oeraals; in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg)
  17. Mari (Oeraals; in die Republiek van Mari El)
  18. Moksja (Oeraals; in die Republiek van Mordowië)
  19. Nenets (Oeraals; in die Nenetsiese Outonome Okroeg)
  20. Nogai (Turks; in Karatsjai-Tsjerkessië)[2]
  21. Oedmoerts (Oeraals; in die Republiek van Oedmoertië)
  22. Osseties (Indo-Europees; in die Republiek van Noord-Ossetië-Alanië)
  23. Tataars (Turks; in die Republiek van Tatarstan)
  24. Tiwaans (Turks; in die Republiek van Tiwa)
  25. Tsjetsjnies (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Tsjetsjnië)
  26. Tsjoektsjies (Tsjoekotko-Kamtsjatkies; in die Tsjoekotka- Outonome Okroeg)
  27. Tsjoewasjies (Turks; in die Republiek van Tsjoewasjië)
Remove ads

Bedreigde tale

Daar is baie tale in Rusland wat uitgesterf het of aan die uitsterf is. Min inligting is oor die status van sommige van dié tale beskikbaar.

Tale aan die uitsterf

Dié inligting kom van Michael Krauss, 1995. Van dié tale het moontlik al uitgesterf. Sedert 1997 het Kerek en Joegh reeds uitgesterf.

  • Ainoe (15 sprekers)
  • Enets (70)
  • Karagas (25-30)
  • Mednii (10)
  • Orok (30-82)
  • Akkala Sami (uitgesterf sedert 2003)
  • Ter Sami (2)
  • Oedege (100)
  • Wod (25)
  • Noord-Joekaghir (30-150)
  • Suid-Joekaghir (1-50)

Ander bedreigde tale

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads