Die Rugbywêreldbeker 1995 is van 25 Mei tot 24 Junie 1995 in Suid-Afrika beslis. Dit was die derde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in Afrika. Dit was die eerste wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later het dié land ook die Krieketwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebied. Dit was ook die eerste keer wat ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan weer aan ’n internasionale byeenkoms kon deelneem ná die lang stryd teen apartheid en as ’t ware die eerste groot toernooi vir en in Suid-Afrika ná die einde van dié politieke stelsel. Saam met die Afrikanasiesbeker 1996 was die Rugbywêreldbeker 1995 een van twee groot sportkompetisies in Suid-Afrika binne een jaar.

Thumb
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is
Kitsfeite Toernooibesonderhede, Gasheer ...
Rugbywêreldbeker 1995
Thumb
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 25 Mei – 24 Junie
Aantal nasies 16 (52 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen  Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Naaswenner  Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Derde plek  Vlag van Frankryk Frankryk
Toernooistatistiek
Wedstryde 32
Bywoning 1 100 000 (gem. 34 375 per wedstryd)
Drieë 189 (gemiddeld 5.91 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Thierry Lacroix (112)[1]
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu
Vlag van Nieu-Seeland Marc Ellis (7 drieë elk)[2]
1991
1999
Sluit

Die toernooi se formaat van 1987 en 1991 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1995 deelgeneem: die gasheer Suid-Afrika, die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1991-toernooi (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland), asook die sewe beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, die Ivoorkus, Japan, Roemenië, Tonga en Wallis). Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 in die destydse Vyfnasies gekwalifiseer. Net soos Suid-Afrika het die Ivoorkus vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Namibië het vir die eerste keer aan ’n kwalifisering deelgeneem en vyf wedstryde gewen, maar hulle kon egter nie vir die Rugbywêreldbeker 1995 kwalifiseer nie nadat die beslissende wedstryd teen Marokko in ’n gelykop geëindig het.

Suid-Afrika het die eindstryd op Ellispark in Johannesburg teen Nieu-Seeland met 15–12 gewen, nadat ’n bykomende tien minute ekstra tyd toegestaan is toe die telling 9–9 was.[3] Suid-Afrika het daarmee ná Nieu-Seeland in 1987 die tweede gasheer geword wat die rugbywêreldbekertoernooi tuis gewen het en die derde agtereenvolgende kampioen van die Suidelike Halfrond geword, ná Nieu-Seeland in 1987 en Australië in 1991. Daarbenewens was dit die eerste eindwedstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het. Frankryk het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig.

Die Rugbywêreldbeker 1995 het om verskeie redes geskiedenis gemaak: Dit was die eerste groot sporttoernooi op die Afrikavasteland, die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat heeltemal in een land aangebied is en die laaste groot toernooi van rugby se amateurera; twee maande later het die IRVR met die professionalisering van dié sport begin. Die Rugbywêreldbeker 1995 word ook wyd onthou vir die samewerking van alle Suid-Afrikaners onder die bewind van Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid. Die oorhandiging van die Webb Ellis-beker deur ’n in die Springboktrui geklede Nelson Mandela aan die Springbokkaptein Francois Pienaar is waarskynlik die bekendste gebeurtenis van die Rugbywêreldbeker 1995 en versinnebeeld die versoening tussen “swart” en “wit Suid-Afrikaners”. Die oomblik is glo een van die beroemdste finale van enige sportsoort.[4] Dit was ook die laaste toernooi met die aantal van 16 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 is die aantal na 20 verhoog. Vir die eerste keer in ’n rugbywêreldbekertoernooi was ’n drie gelyk aan vyf punte; voorheen was dit vier. Daarbenewens het die Rugbywêreldbeker 1995 die opkoms van die Nieu-Seelander Jonah Lomu as ’n rugbyster gesien.

Toewysing

Thumb
Speelstede in Suid-Afrika

Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland en die Rugbywêreldbeker 1991 in al die destydse Vyfnasies aangebied is, was Suid-Afrika die enigste rugbynasie, wat tot dusver nog nie ’n rugbywêreldbekertoernooi aangebied het nie. Weens sy apartheidsbeleid was die land egter uit alle vorme van internasionale rugby geskors, hoewel enkele nasionale rugbyspanne nog steeds toere na Suid-Afrika onderneem het.

Ná die einde van apartheid en Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sporttoernooie het dié land in 1992 weer ’n volle lid van die IRVR geword. Vervolgens is die Rugbywêreldbeker 1995 aan Suid-Afrika toegewys.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is onderhandelinge tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se beheerliggame gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Een jaar later, in 1996, is die eerste Drienasiesreeks tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beslis. Sedert Argentinië se aansluiting in 2012 staan dié toernooi as Die Rugbykampioenskap bekend.

Deelnemers

Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer: Die agt spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1991 tot die kwarteindrondte gevorder het, het saam met die gasheer Suid-Afrika regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland. Om die oorblywende sewe plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 35 nasionale rugbyspanne meegeding.

Thumb
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 52 spanne het deelgeneem.

 Afrika

 Amerikas

 Asië

 Europa

 Oseanië

 Nie deelgeneem nie

Thumb
Uitslag van die kwalifisering:

 Gasheer

 Agt beste spanne van die 1991-toernooi

 Wenner van die plaaslike kwalifisering

 Versuim om te kwalifiseer

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Gasheer Eerste Debuut A
Vlag van Australië Australië Regstreeks Derde 1991 Kampioen (1991) A
Vlag van Engeland Engeland 1991 Naaswenner (1991) B
Vlag van Frankryk Frankryk 1991 Naaswenner (1987) D
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 1991 Kwarteindrondte (1987, 1991) C
Vlag van Kanada Kanada 1991 Kwarteindrondte (1991) A
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1991 Kampioen (1987) C
Vlag van Skotland Skotland 1991 Vierde plek (1991) D
Vlag van Samoa Samoa Tweede 1991 Kwarteindrondte (1991) D
Vlag van Argentinië Argentinië Kwalifiseringsrondte Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) B
Vlag van Italië Italië Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) B
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus Eerste Debuut D
Vlag van Japan Japan Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) C
Vlag van Roemenië Roemenië Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) A
Vlag van Tonga Tonga Tweede 1987 Groepfase (1987) B
Vlag van Wallis Wallis Derde 1991 Derde plek (1987) C
Sluit

Stadions

Altesaam is nege stadions in nege stede dwarsdeur Suid-Afrika vir die Rugbywêreldbeker 1995 gebruik. Van die stadions is met die oog op die toernooi opgeknap. Ses van die nege stadions is Suid-Afrikaanse toetsgronde. In die vier grootste stadions is die uitklopfase en die eindstryd is op die Johannesburgse Ellispark beslis.

Oorspronklik is ook wedstryde in Brakpan, Germiston, Pietermaritzburg, Potchefstroom en Witbank beplan, maar dié wedstryde is na ander plekke verskuif. Hierdeur is die aantal plekke van 14 tot nege verminder. Die redenasie vir hierdie stap was die geriewe vir beide die pers en die toeskouers, maar ook veiligheid. Die stap is in Januarie 1994 gedoen. Verdere veranderinge is in April onderneem, só is aandwedstryde na stadions met goeie spreiligte verskuif.

Meer inligting Johannesburg, Gauteng, Pretoria, Gauteng ...
Johannesburg, Gauteng Pretoria, Gauteng Kaapstad, Wes-Kaap Durban, KwaZulu-Natal
Ellispark Loftus Versfeld Nuweland Kings Park
26°11′51″S 28°3′39″O 25°45′12″S 28°13′22″O 33°58′14″S 18°28′6″O 29°49′30″S 31°1′47″O
Kapasiteit: 60 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 50 000
Thumb Thumb Thumb Thumb
Bloemfontein, Vrystaat
Vrystaatstadion
29°7′2″S 26°12′32″O
Kapasiteit: 40 000
Thumb
Port Elizabeth, Oos-Kaap Rustenburg, Noordwes Oos-Londen, Oos-Kaap Stellenbosch, Wes-Kaap
Boet Erasmus-stadion Olympia-park Basil Kenyon-stadion Danie Craven-stadion
33°58′55″S 25°38′22″O 25°39′45″S 27°13′19″O 33°0′24″S 27°54′19″O 33°56′24″S 18°52′25″O
Kapasiteit: 38 950 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 16 000
Thumb
Sluit

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1995 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 25 Mei 1995 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en die verdedigende kampioen Australië afgeskop. Die toernooi het geëindig op Ellispark in Johannesburg op 24 Junie met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1995 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Groepfase Mei/Junie, Do 25 ...
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 2
Groep B 2 1 1 2
Groep C 2 2 2
Groep D 2 2 2
Uitklopfase
Junie
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

 Seremonies

 Groepfase

 Uitklopfase

 Bronseindstryd

 Eindstryd

Sluit

Groepe

Die groepwedstryde is op die volgende stede verdeel:

  • Groep A: Kaapstad, Port Elizabeth en Stellenbosch
  • Groep B: Durban en Oos-Londen
  • Groep C: Johannesburg en Bloemfontein
  • Groep D: Pretoria en Rustenburg

Groepfase

Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 1987 en 1991 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1995-effek op 1999-kwalifisering

Die nominale 1999-gasheer (Wallis), die verdedigende kampioen (Suid-Afrika), die naaswenner (Nieu-Seeland) en die derde plek-span (Frankryk) het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 22 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kitsfeite
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte
Uit die toernooi geskakel.
Sluit

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 33006826+4269
Vlag van Australië Australië 32018741+46117
Vlag van Kanada Kanada 31024550–545
Vlag van Roemenië Roemenië 30031497–8313
Sluit

Groep B

Meer inligting Span, S ...
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Engeland Engeland 33009560+35129
Vlag van Samoa Samoa 32019688+8137
Vlag van Italië Italië 31026994–2575
Vlag van Argentinië Argentinië 30036987–1883
Sluit

Groep C

Meer inligting Span, S ...
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 330022245+177299
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 32019394–1137
Vlag van Wallis Wallis 31028968+2195
Vlag van Japan Japan 300355252–19783
Sluit

Groep D

Meer inligting Span, S ...
Span S W G V P v P t +/− D v P
Vlag van Frankryk Frankryk 330011447+67139
Vlag van Skotland Skotland 320114927+122177
Vlag van Tonga Tonga 31024490–4665
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 300329172–14333
Sluit

Uitklopfase

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
10 Junie – Johannesburg        
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  42
17 Junie – Durban
 Vlag van Samoa Samoa  14  
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  19
10 Junie – Durban
   Vlag van Frankryk Frankryk  15  
 Vlag van Frankryk Frankryk  36
24 Junie – Johannesburg
 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland  12  
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika  15
11 Junie – Kaapstad
   Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  12
 Vlag van Engeland Engeland  25
18 Junie – Kaapstad
 Vlag van Australië Australië  22  
 Vlag van Engeland Engeland  29 Uitspeel om derde plek
11 Junie – Pretoria
   Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  45   22 Junie – Pretoria
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  48
   Vlag van Frankryk Frankryk  19
 Vlag van Skotland Skotland  30  
 Vlag van Engeland Engeland  9

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1995
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1995.[14]

Thumb
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1995:

 Kampioen

 Naaswenner

 Derde plek

 Vierde plek

 Kwarteindrondte

 Groepfase

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Rang, Span ...
Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaA6600144138183
2Vlag van Nieu-Seeland Nieu-SeelandC65013274134144
3Vlag van Frankryk FrankrykD6501184179261
4Vlag van Engeland EngelandB6402158118254
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5Vlag van Skotland SkotlandD42021792014170
6Vlag van Samoa SamoaB420211014880
7Vlag van Australië AustraliëA4202109121190
8Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  IerlandC4202105131160
In die groepfase uitgeskakel
9Vlag van Wallis WallisC3102899782
10Vlag van Italië ItaliëB3102697571
11Vlag van Kanada KanadaA3102454261
12Vlag van Tonga TongaD3102446420
13Vlag van Argentinië ArgentiniëB3003698470
14Vlag van Japan JapanC3003558610
15Vlag van Ivoorkus IvoorkusD3003293140
16Vlag van Roemenië RoemeniëA3003141020
Algeheel32173018913015816
Sluit

Meeste punte en drieë

Meer inligting Naam, Punte ...
Meeste punte aangeteken:[1]
Naam Punte
1 Vlag van Frankryk Thierry Lacroix 112
2 Vlag van Skotland Gavin Hastings 104
3 Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens 84
4 Vlag van Engeland Rob Andrew 79
5 Vlag van Suid-Afrika Joel Stransky 61
6 Vlag van Australië Michael Lynagh 47
7 Vlag van Nieu-Seeland Simon Culhane 45
8 Vlag van Wallis Neil Jenkins 41
9 Vlag van Italië Diego Domínguez 39
10 Vlag van Nieu-Seeland Marc Ellis 35
Vlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu
Meeste drieë gedruk:[2]
Naam Drieë
1 Vlag van Nieu-Seeland Marc Ellis 7
Vlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu
3 Vlag van Skotland Gavin Hastings 5
Vlag van Engeland Rory Underwood
5 Vlag van Suid-Afrika Adriaan Richter 4
Vlag van Suid-Afrika Chester Williams
Vlag van Frankryk Thierry Lacroix
8 Vlag van Australië Joe Roff 3
Vlag van Nieu-Seeland Eric Rush
Vlag van Samoa George Harder
Vlag van Wallis Gareth Thomas
Vlag van Italië Paolo Vaccari
Vlag van Nieu-Seeland Josh Kronfeld
Vlag van Nieu-Seeland Walter Little
Vlag van Frankryk Émile Ntamack
Vlag van Nieu-Seeland Glen Osborne
Vlag van Nieu-Seeland Jeff Wilson
Vlag van Frankryk Philippe Saint-André
Sluit

Rolprent

Die Rugbywêreldbeker 1995 vorm die hoofonderwerp van die 2009-rolprent Invictus (Latyn; Afrikaans: “Die onoorwonne”). Dié rolprent is op die boek Playing the Enemy deur John Carlin gebaseer en beskryf hoe die destydse Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela tydens die toernooi met sy ondersteuning vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke, Suid-Afrika oor rassegrense heen verenig het. Die regie is behartig deur Clint Eastwood en die hoofkaraktere Nelson Mandela en Francois Pienaar word deur Morgan Freeman en Matt Damon onderskeidelik vertolk.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.