10 Desember
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
10 Desember is die 344ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (345ste in skrikkeljare). Daar volg nog 21 dae in die res van die jaar.
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
Gebeure
- 741 – Pous Sagarias volg Pous Gregorius III op.
- 1477 – Pous Sixtus IV stel sewe nuwe kardinale aan waaronder drie familielede, Cristoforo della Rovere, Girolamo Basso della Rovere en Raffaelle Sansoni Riario.
- 1508 – Die Heilige Bond kom tot stand onder leiding van Pous Julius II.
- 1607 – Pous Paulus V stel vyf kardinale aan, waaronder Maurizio di Savoia, nefie van die koning van Spanje.
- 1633 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word goewerneur van Loreto.
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Dominic Gangala (Jacobus van die moerasse) en Turibus van Mogroveio heilig.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer "Perpensis circumstantiis" oor die toestand in Frankryk.
- 1817 – Mississippi word die 20ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1868 – Die eerste verkeersligte word buite die Westminsterpaleis in London geïnstalleer.
- 1869 – Wyoming, Verenigde State gee aan vroue die reg om te stem.
- 1898 – 'n Verdrag wat die Spaans-Amerikaanse oorlog beëindig, word in Parys, Frankryk onderteken.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Stormberg vind plaas.
- 1901 – Die eerste Nobelpryse word toegeken.
- 1902 – Die eerste Aswan-dam in die Nylrivier voltooi.
- 1906 – Theodore Roosevelt wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1936 – Edward VIII abdikeer. Hy is die enigste Britse monarg wat die troon vrywillig opgee.
- 1948 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering neem die Universele menseregteverklaring aan.
- 1953 – Dr. Albert Schweitzer wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1963 – Zanzibar word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1975 – Andrei Sacharof wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou Yelena Bonner namens hom aanvaar.
- 1978 – Menachem Begin en Anwar Sadat wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1983 – Lech Wałęsa wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou, Danuta, namens hom aanvaar.
- 1984 – Desmond Tutu (Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede.
- 1993 – President Nelson Mandela en voormalige staatspresident Frederik Willem de Klerk (beide van Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede.
Remove ads
Geboortes
- 1815 – Ada Byron of Lovelace, Britse wiskundige en skryfster, die eerste rekenaarprogrammeerder († 1852).
- 1822 – César Franck, Belgiese komponis († 1890).
- 1858 – George Simpson, Kanadese politikus († 1906).
- 1870 – Adolf Loos, Oostenrykse argitek († 1933).
- 1882 – Shigenori Tōgō, Minister van Buitelandse Sake vir die Japannese Keiserryk († 1950).
- 1883 – Giovanni Messe, Italiaanse generaal en politikus († 1968).
- 1891 – Nelly Sachs, Duits-Sweedse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Literatuur in 1966 († 1970).
- 1908 – Olivier Messiaen, Franse komponis († 1992).
- 1937 – Piet Uys, Springbokrugbyspeler († 2009).
- 1957 – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur († 2012).
- 1960 – Kenneth Branagh, Noord-Ierse akteur en filmregisseur.
Remove ads
Sterftes
- 1041 – Michael IV, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1010).
- 1081 – Nikephoros III, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1002).
- 1198 – Averroës, Spaanse filosoof en arts (* 1126).
- 1618 – Giulio Caccini, Italiaanse komponis van die vroeë baroktydperk (* 1551).
- 1865 – Koning Leopold I van België (* 1790).
- 1884 – Eduard Rüppell, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger in Afrika (* 1794).
- 1896 – Alfred Nobel, Sweedse ondernemer, uitvinder van dinamiet en stigter van die Nobelprys (* 1833).
- 1898 – Thomas Upington, vierde eerste minister van die Kaapkolonie (* 1844).
- 1911 – Sytze Wierda, Nederlandse argitek in die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) (* 1839).
- 1957 – Maj. James Stevenson-Hamilton in Skotland. Met sy aftrede is sy droom van die stigting van die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika bewaarheid (* 1867).
- 1990 – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy radiovervolgreekse (* 1921).
- 1994 – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige (* 1903).
- 2006 – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus (* 1915).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Die Nobelprys-seremonie, 'n amptelike vlagdag in Swede.
- Menseregtedag soos ingestel deur die Verenigde Nasies.
- Feesdag van Pous Miltiades in die Rooms-Katolieke Kerk. (Sommige bronne gee 10 Januarie).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 Desember. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads