2018 Verenigde State Grand Prix

From Wikipedia, the free encyclopedia

2018 Verenigde State Grand Prix
Remove ads

Die 2018 Formule Een Verenigde State Grand Prix (amptelik die "Formula 1 2018 Pirelli United States Grand Prix") is op 21 Oktober 2018 op die Circuit of the Americas in Austin, Texas gehou. Dit was die agtiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Kitsfeite 2018 Formule Een Pirelli Verenigde State Grand Prix, Voorste wegspring ...
Remove ads

Bande

Pirelli het die volgende bande aan alle spanne verskaf:

Meer inligting Bande vir 'n droë baan, Reënbande ...

Vrye oefening

Meer inligting Vrye oefening 1, Pos ...
Remove ads

Kwalifisering

Lewis Hamilton behaal vir Mercedes AMG hul negende voorwegsprong van die seisoen.[1] Die Ferrari-jaer Sebastian Vettel kwalifiseer in die tweede plek, maar ontvang 'n straf van drie roosterplekke omdat hy in die eerste vrye oefening nie genoeg spoed verminder het terwyl daar rooi vlae gewaai is nie, en mag hieroor eers vyfde wegspring.[2]

Na afloop van kwalifisering ontvang beide die Toro Rosso-jaers Pierre Gasly en Brendon Hartley 'n roosterstraf omdat hulle hul enjins moes laat vervang. Hulle moes albei agteraan wegspring.[3]

Die Red Bull-bestuurder Max Verstappen kon nie enige tyd in die tweede deel van die kwalifiserende sessie opstel nie, nadat hy sy agterste vering in K1 gebreek het toe hy oor 'n walletjie gery het. As gevolg hiervan, is sy ratkas ook vervang, wat hom 'n straf van vyf wegspringplekke op die hals gehaal het.[4]

Uitslag

Meer inligting Pos, No ...
Thumb
← VOOR      Posisies na kwalifisering vir die 2018 VSA Grand Prix
Thumb
← VOOR      Wegspringrooster vir die 2018 VSA Grand Prix
Remove ads

Wedren

Die wedren is deur Kimi Räikkönen gewen, sy eerste oorwinning sedert die 2013 Australiese Grand Prix.[5] Max Verstappen eindig tweede nadat hy agtiende weggespring het. Lewis Hamilton het derde geëindig nadat hy 'n ekstra kuipestop moes maak omdat sy bande verslete was. Sebastian Vettel het vierde geëindig nadat hy in die openingsrondte teen Daniel Ricciardo gebots het. Valtteri Bottas was vyfde, ná hy 'n paar rondtes voor die einde deur Vettel ingehaal is. Renaultjaers Nico Hülkenberg en Carlos Sainz jr. was sesde en sewende, voor Esteban Ocon. Die top 10 is afgesluit deur die Haas-bestuurders Kevin Magnussen en Sergio Pérez.

Na afloop van die wedren word Ocon en Magnussen gediskwalifiseer. Ocon gebruik te veel brandstof in die eerste rondte, die limiet is 100 kilogram per uur. Magnussen het te veel brandstof oor die hele wedren gebruik, waarvoor 'n maksimum van 105 kilogram toegelaat word. Pérez het tot agtste plek opgeskuif weens hierdie uitsluitings, terwyl die ander punte aan Brendon Hartley en Sauber-bestuurder Marcus Ericsson toegeken is.[6] Romain Grosjean het ook 'n straf van drie wegspringplekke vir die volgende ren in Meksiko gekry omdat hy in die eerste rondte met Charles Leclerc in aanraking gekom, en beide motors uitgeval het.

Renuitslag

Meer inligting Pos, No ...
Remove ads

Puntestand na die Grand Prix

Renjaers

Vervaardigers

Meer inligting Posisie, Span ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads