Geelrivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Geelrivier
Remove ads

Die Geelrivier (Chinees: 黄河 / 黃河 Huáng Hé ) is naas die Nyl, Amasone en Yangtze die wêreld se vierde langste rivier. Die rivier, met 'n lengte van 5 464 km, is naas die Yangtze die tweede langste rivier in die Volksrepubliek China en in Asië. Die naam van die Geelrivier is afgelei van die geel sediment, wat die rivier uit die Gobi-woestyn meevoer.

Thumb
Die boloop van die Geelrivier naby Qinghai
Thumb
Die Geelrivier in Lanzhou
Kitsfeite
Remove ads

Die Geelrivier ontspring in die Hoogland van Tibet, halfpad tussen Lhasa en Xining, sowat 450 km oos van die Yangtze se oorsprong. Van hier af vloei die rivier in 'n oostelike rigting met 'n sigsagroete en word dit in Tibettaans Ma-chu (རྨ་ཆུ, letterlik "rivier van die pou") genoem. Vervolgens vloei die Geelrivier in 'n noordelike rigting, waar dit Binne-Mongolië se grens bereik. Hier maak die rivier 'n groot boog om die Ordos-plato en vloei verder in 'n suidelike rigting tot in die Sanmenxia-dam. Hier mond die Wei He naby die ou keiserstad Xi'an in die Geelrivier uit. Noord van die Funiushan-gebergte draai die Geelrivier in 'n oostelike rigting deur die Xiaolangdi-dam, asook die provinsies Shanxi en Shaanxi, en verlaat daarna die kloofryke bergland. Sowat 45 km oos van Kaifeng vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting deur sy afsettingsgevormde vlaktes. Meer as 500 km na Kaifeng mond die Geelrivier tussen Tianjin en die Shandong-skiereiland uit in die Golf van Bohai, 'n deel van die Geelsee.

Die Geelrivier word deur die Keiserkanaal met die Yangtze verbind. Die grootste stede aan die rivier is Lanzhou, Wuhai, Baotou, Kaifeng en Jinan.

Remove ads

Verwysings

Loading content...

Eksterne skakels

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads