Nobelprys vir Letterkunde

een van vyf pryse wat deur Alfred Nobel ingestel is From Wikipedia, the free encyclopedia

Nobelprys vir Letterkunde
Remove ads

Die Nobelprys vir Letterkunde (Sweeds: Nobelpriset i litteratur) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Akademie toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van letterkunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, fisiologie of geneeskunde en vrede.

Thumb
Hoofgebou van die Sweedse Akademie in Stockholm
Kitsfeite

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Letterkunde tradisioneel vierde en op 'n Donderdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 121 individue toegeken.[2] Nog 18 vroue het dit gekry.[3]

Toe die 1958-Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken is, is die Russiesgebore Boris Pasternak onder druk van die regering van die Sowjetunie gedwing om die toekenning in die openbaar te verwerp. In 1964 het die Franse Jean-Paul Sartre bekendgemaak dat hy die Nobelprys vir Letterkunde nie wou aanvaar nie,[4] aangesien hy al die amptelike eerbewyse in die verlede konsekwent geweier het.[5] Die Nobelpryskomitee erken egter nie weiering nie, en sluit Pasternak en Sartre in sy lys van Nobelpryswenners in.[6]

Die 2024-Nobelprys vir Letterkunde is toegeken aan Han Kang "vir haar intense poëtiese prosa wat historiese traumas konfronteer en die broosheid van die menslike lewe blootlê".[7]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[8] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Letterkunde vanaf 1901 tot op hede. In 1914, 1918, 1935 en 1940–1943 is die prys nie toegeken nie; die toekennings van 1915, 1919, 1925–1927, 1936, 1949 en 2018 is in die volgende jaar toegeken.

1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020'sVroueNooit dié prys ontvang nie

Remove ads

1900's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1910's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1920's

Meer inligting Jaar, Naam ...

1930's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1940's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1950's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1960's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1970's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1980's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

1990's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

2000's

Meer inligting Jaar, Naam ...
Remove ads

2010's

Meer inligting Jaar, Naam ...

2020's

Meer inligting Jaar, Naam ...

Notas

Vroue

Die vroue wat die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het, is:

Nooit dié prys ontvang nie

Die Nobelprys is nie die enigste maatstaf van literêre uitmuntendheid en volgehoue waarde nie. Om dit te illustreer, het die volgende persone byvoorbeeld nooit dié prys ontvang nie:

Suid-Afrikaanse/Afrikaanse skrywers
Ander skrywers

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads