Ottomaanse Ryk

multi-etniese ryk met die monarge uit die Ottomaanse dinastie (1299–1922) From Wikipedia, the free encyclopedia

Ottomaanse Ryk
Remove ads

Die Ottomane was Islamitiese Turke wat genoem is na hul stigter, Osman I (ook vertaal as Othman of Ottoman). Osman was die seun van 'n Turkse hoofman en het 'n reputasie as vaardige krygsman en leier opgebou tydens plundertogte op vestings van die Bisantynse Ryk in noordwes-Turkye (destyds Anatolië genoem). Duisende Turke en Arabiere het hulle by hom aangesluit en mettertyd het hy en sy opvolgers 'n magtige ryk opgebou en die Bisantyne stelselmatig teruggedryf.

Thumb
Vlag van die Ottomaanse Ryk (1453–1844)
Thumb
Die Ottomaanse Ryk in 1683
Thumb
Die verowering van Konstantinopel op 29 Mei 1453
دَوْلَتِ عَلِيّهٔ عُثمَانِیّه
Devlet-i ʿAliyye-i ʿOsmâniyye
Yüce Osmanlı Devleti

Ottomaanse Ryk / Turkse Ryk

1299  1923
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Leuse: دولت ابد مدت
Devlet-i Ebed-müddet
(Ottomaans vir: "Die Ewige Staat")
Volkslied: Mahmudiye Marşı (1829–1839, 1918–1922)
(Ottomaans vir: "Mars van Mahmoed")

Mecidiye Marşı (1839–1861)
(Ottomaans vir: "Mars van Abdülmecid")

Aziziye Marşı (1861–1876)
(Ottomaans vir: "Mars van Abdülaziz")

Hamidiye Marşı (1876–1909)
(Ottomaans vir: "Mars van Abdülhamid")

Reşadiye Marşı (1909–1918)
(Ottomaans vir: "Mars van Mehmet Resad")
Thumb
Ligging of Ottomaanse Ryk
Die Ottomaanse Ryk op sy grootste onder sultan Mehmet IV in 1683.
Hoofstad Söğüt (1302–1326)
Bursa (1326–1365)
Edirne (1365–1453)
Istanboel/Konstantinopel (1453–1922)
Taal/Tale Turks
Godsdiens Islam
Regering Monargie
Historiese tydperk Nuwe tyd
 - Stigting van die Osman-dinastie deur Osman I1299
 - Verdrag van Lausanne24 Julie 1923
Oppervlakte
 - 159520 000 000 km2
7 722 043 sq mi
Bevolking
 - 1856 skatting35 350 000 
Geldeenheid Akche
Kurush
Lira
Sultani

Op 29 Mei 1453 het die Ottomane onder sultan Mehmet II die Bisantynse Ryk die finale nekslag toegedien met die verowering van Konstantinopel, hoofstad van die Bisantyne. Dié stad se naam is verander na Istanboel (grootste stad van hedendaagse Turkye) en alle Christelike kerke, soos die bekende Aya Sophia (Kerk van die Heilige Wysheid), is in Islamitiese moskees verander.

Die Ottomaanse Ryk het sy hoogtepunt bereik onder Süleyman die Manjifieke (1520–1566), toe die grootste deel van die Nabye Ooste, Noord-Afrika, Wes-Asië, die Balkanlande en Hongarye onder sy beheer was. Süleyman I het sy sukses beskou as 'n beloning van Allah omdat hy Islam bevorder het. Hy het daarom ook baie moeite gedoen om Islam op alle gebiede, insluitende die kuns, opvoeding en argitektuur te bevorder en uit te brei.

In daardie stadium was net sowat die helfte van die bevolking van die Ottomaanse Ryk Moslems. Anders as in die vroeë Islamitiese Ryk was die Ottomane egter baie verdraagsaam teenoor alle ander godsdienste. Niemoslems is toegelaat om hulself te bestuur in sake rakende godsdiens, opvoeding en regspraak, mits hulle belasting (jizya) aan die owerheid betaal het.

Die Ottomaanse Ryk, een van die magtigste in die geskiedenis van die mensdom, het vir sowat 450 jaar voortbestaan en eers tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918) finaal tot 'n val gekom. Hoewel dit nie 'n suiwer Islamitiese Ryk en teokrasie was soos tydens die Oemajjad- en Abbasidiese dinastieë nie, was Islam die amptelike godsdiens van die Ottomane en het hulle grootliks daartoe bygedra om dié godsdiens te bevorder.

Remove ads

Bronne

  • (en) Jason Goodwin, Lords of the Horizons. A History of the Ottoman Empire, 1998. ISBN 0-7011-3669-3
  • (nl) Bernard Lewis, Istanbul en de wereld van het Ottomaanse Rijk, 2007. ISBN 9054601469 (oorspronklike Engels: Istanbul and the Civilization of the Ottoman Empire, 1963)
  • (nl) Caroline Finkel, De droom van Osman. Geschiedenis van het Ottomaanse Rijk, 1300–1923, 2008. ISBN 9053305483 (oorspronklike Engels: Osman's Dream, 2005)
Remove ads

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ottomaanse Ryk.
  • (en) "Ottoman Empire". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Julie 2024.


Meer inligting Koloniale ryke ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads