Sambreelden
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die sambreelden (Pinus pinea) is 'n keëldraende boom en matige indinger wat tot 30 m hoog kan word. Die spesie is inheems aan Albanië, die Baleariese Eilande, oos Egeïese eilande, Frankryk, Griekeland, Italië, Korsika, Kreta, Libanon, Portugal, Sirië, Sisilië, Siprus, Spanje en Turkye.
Dit is ook 'n opvallende spesie in Kaapstad en omgewing, en is reeds in antieke tye in die Mediterreense streek ingevoer. Dit is deur vroeë setlaars na die Kaapse Skiereiland gebring, en daar is ook 'n geïsoleerde groep net suid van Lesotho. Die boom staan ook bekend as die kroonden.
Remove ads
Kenmerke
Die boom groei in bergfynbos en grasveld. Die bas is rooierig en diep gegroef. Die blare is naaldagtig en word in pare gedra. Die vroulike keëls word ryp tot hul eindelik grys is. Die saad word deur die gryseekhoring en mense geëet.
Galery
- Keël en naalde
- 'n Droë keël met sade
- Diep gegroefde en rooierige bas
- 'n Ontkiemende plant
Sien ook
Bronnelys
- Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika, Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sambreelden.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Sambreelden
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads