Superrugby-konsessiegebiede
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Superrugbykompetisie waarin spanne van Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika speel, is gebaseer op 'n konsessiestelsel van spanne wat streke in die drie lande verteenwoordig. Hierdie artikel verskaf spesifieke detail oor die gebiede wat deur die verskillende konsessies gedek word.
Australië
Australië het tradisioneel geen nasionale rugbykompetisie gehad nie en die spel was eerder gestrukrureer rondom streeksklubkompetisies. Die Australiese Super 15-konsessies (met die uitsluiting van die Rebels) het ontstaan uit tradisionele verteenwoordigende staats- en provinsiale spanne. Die sterk Australiese rugbystreke nl. Nieu-Suid-Wallis, die Australiese Hoofstadgebied en Queensland is in 2006 aangevul deur Wes-Australië en in 2011 deur Victoria as die konsessiestreke:
Daar is drie state/provinsies oor wat nie deur 'n konsessie gedek word nie:
- Suid-Australië — 'n substansiële mark maar Australiese Voetbal is die grootste sportsoort alhoewel die Adelaide Sewesrugbytoernooi groot aftrek kry.
- Tasmanië — 'n klein mark en nie geografies gekonsentreer nie, Australiese Voetbal is hier ook die grootste sportsoort.
- Noordelike gebied — Australië se yl-bevolkste staat/provinsie met geen ander groot sportspan wat daar 'n basis het nie.
Remove ads
Nieu-Seeland

In Nieu-Seeland is elk van die land se vyf Superrugbyspanne verbind met verskeie provinsiale unies wat meeding in die land se twee plaaslike kompetisies (die professionele ITM-beker en die amateur Heartland-kampioenskap). Vir alle praktiese doeleindes kom spelers wat in die Super 15 speel van die spanne af wat in die professionele kompetisie speel. Elke konsessie is geregtig daarop om spelers van enige van die provinsiale unies wat met die konsessie verbind word, te gebruik. Die spesifieke unies wat met die konsessies verbind word is:
Remove ads
Suid-Afrika
Suid-Afrika volg basies dieselfde model as Nieu-Seeland in die samestelling van sy Super 15-spanne waar elke konsessie verbind word met een of meer unies in die land se plaaslike kompetisie, die Curriebeker.
Die land het tans vyf konsessies. Die vier konsessies van die Super 12-era — die Bulls, Cats (nou die Lions), Sharks en Stormers — is in 2006 vergesel van die Cheetahs. Hulle identiteite word grootliks bepaal rondom die 5 tradisionele sterk rugbyprovinsies in Suid-Afrika, die Blou Bulle, Goue Leeus, Natal Haaie, Westelike Provinsie en die Vrystaat Cheetahs. Die sesde konsessie, die Southern Kings (gestig as die Southern Spears) van die Suidelike- en Oos-Kaap (SOK) met sy basis in Port Elizabeth, sou aanvanklik in 2007 toetree tot Superrugby maar dit is nie uitgevoer nie. Die span is in 2012 toegelaat tot die 2013-seisoen.[1]
Die unies wat met die konsessies verbind word is:
Aangesien die Spears nooit Superrugby gespeel het nie, moes SARU en SA Rugby besluit hoe om die spelers van die Spears se gebied by ander konsessies in te sluit. Die Southern Kings kry nou sy spelers van dieselfde gebied as wat die Spears gekry het. Van van die spelers in die Kings se debuutwedstryd teen die Britse en Ierse Leeus word verbind met die span se mede-eienaars, Grens en die Oostelike Provinsie se rugbyunies, maar die Suidwestelike Distrikte word ook betrek. Terwyl die Kings nie aan Superrugby deelneem nie mag die spelers vir ander konsessies speel.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads