29 Januarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
29 Januarie is die 29ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 336 dae in die res van die jaar (337 in skrikkeljare).


<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 904 – Pous Sergius III volg Pous Leo V op.
- 1336 – Pous Benedictus XII publiseer sy Apostiliese Konstitusie Benedictus Deus.
- 1770 – Pous Clemens XIV stel Mario Compagnoni Marefoschi aan as kardinaal.
- 1787 – Pous Pius VI stel Filippo Carandini, sekretaris van die Tridentine Raad, aan as kardinaal.
- 1845 – The Raven, ’n gewilde gedig deur Edgar Allan Poe, word vir die eerste keer gepubliseer in die New York Evening Mirror.
- 1856 – Die Victoriakruis word vir die eerste keer toegeken ter erkenning van dapper optrede tydens die Krimoorlog.
- 1861 – Kansas word die 34ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1886 – Carl Benz verkry ’n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor.
- 1934 – Oos-Londen se Afrikaanse gemeenskap kry sy eie hoërskool, die Hoërskool Grens.
- 1959 – Die Disney geannimeerde film Sleeping Beauty word vir die eerste keer vrygestel.
- 2001 – Duisende studentebetogers in Indonesië bestorm die parlement en eis dat president Abdurrahman Wahid bedank oor beweerde betrokkenheid in korrupsieskandale.
- 2002 – In sy State of the Union-rede beskryf pres. George W. Bush van die VSA Irak, Iran en Noord-Korea as “regimes wat terreur borg”, en wat ’n “As van boosheid” vorm.
- 2025 – PSA Airlines-vlug 5342, 'n Bombardier CRJ700-reeks vliegtuig, en 'n Amerikaanse Leër Sikorsky H-60 Black Hawk-helikopter bots in die lug oor die Potomacrivier naby Washington D.C.. Al 67 mense aan boord (64 in die vliegtuig, 3 in die helikopter) sterf tydens die ongeluk.
Remove ads
Geboortes
- 1499 – Katharina von Bora, vrou van Martin Luther († 1552).
- 1689 – Hubert Kornelisz. Poot, Nederlandse digter († 1733).
- 1843 – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State († 1901).
- 1856 – Aleksander Brückner, Poolse filosoof en literatuurhistorikus († 1939).
- 1931 – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur († 2015).
- 1945 – Ibrahim Boubacar Keïta, politikus en president van Mali († 2022).
- 1945 – Tom Selleck, Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer en vervaardiger.
- 1948 – Kathryn Kates, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 1950 – Jody Scheckter, Suid-Afrikaanse renjaer.
- 1954 – Oprah Winfrey, Amerikaanse kletskoningin, besigheidsvrou en aktrise.
- 1963 – Ismail Haniyeh, Palestynse politikus en politieke leier van Hamas († 2024).
- 1984 – Natalie du Toit, Suid-Afrikaanse Paralimpiese swemmer.
Remove ads
Sterftes
- 1119 – Pous Gelasius II, 161ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Cluny, Frankryk (* ~1058).
- 1696 – Iwan V van Rusland, tsaar van Rusland (* 1666).
- 1820 – George III van die Verenigde Koninkryk, (* 1738).
- 1954 – Helena Barry-Hofmeyr, Nasionale Partylid van die Vrystaatse Provinsiale Raad (* 1887).
- 1956 – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner (* 1894).
- 1959 – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1882).
- 1963 – Robert Frost, Amerikaanse digter (* 1874).
- 1966 – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer (* 1909).
- 1977 – Freddie Prinze, Amerikaanse akteur (* 1954).
- 1996 – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse rolprentregiseur (* 1921).
- 2011 – Fanus Rautenbach, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en skrywer (* 1928).
- 2013 – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue (* 1927).
- 2018 – Clive van Ryneveld, Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier (* 1928).
- 2022 – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940).
- 2025 – Salwan Momika, Irakse aanhitser tot godsdienshaat teen Islam (* 1986).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 Januarie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads