Olimpiese Somerspele 1972

XX Olimpiade, in München, Wes-Duitsland From Wikipedia, the free encyclopedia

Olimpiese Somerspele 1972
Remove ads

Die Olimpiese Somerspele 1972 (Duits: Olympische Sommerspiele 1972), amptelik bekend as die Spele van die XXste Olimpiade, is tussen 26 Augustus en 11 September 1972 in München, Wes-Duitsland, aangebied. München is verkies om die Spele te organiseer bo Detroit, Madrid en Montreal.

Thumb
Die Olimpiese Stadion in München, soos gesien vanaf die Olimpiese Toring
Spele van die XXe Olimpiade
Thumb

Gehou in München, Wes-Duitsland
Deelnemende lande 121 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 7 134 (6 075 mans, 1 059 vroue)[2]
Items 195 in 21 sporte[4]
Openingseremonie 26 Augustus 1972
Sluitingseremonie 11 September 1972
Amptelik geopen deur President Gustav Heinemann[6]
Atlete-eed Heidi Schüller (atletiek)
Beampte-eed Heinz Pollay (ruitersport)
Olimpiese vlam Günter Zahn (atletiek)
Vorige Spele 1968: Meksikostad (Meksiko)
Volgende Spele 1976: Montreal (Kanada)

Koste, nog moeite is gespaar by die organisasie van hierdie Spele. Daar is 'n begroting van 172 miljoen DM opgestel, wat vir die welvarende Bondsrepubliek geen probleem was nie. 'n Volledige nuwe sportskompleks is opgerig, met alle items naby mekaar op die voormalige Oberwiesenfeld-vliegveld, waar die Fransman Édouard Daladier en die Brit Neville Chamberlain geland het voor 'n ontmoeting met Adolf Hitler. Die pronkstuk was ongetwyfeld 'n avant-gardistische stadion met sy deurskynende dak in die vorm van 'n web.

Die Olimpiese Somerspele 1972 is deur die sogenaamde bloedbad van München oorskadu. Elf atlete en amptenare van die Israeliese span word op die nag van 4 en 5 September as gyselaars in die Olimpiese dorp deur lede van die Palestynse terreurbeweging Swart September aangehou. Uiteindelik word al elf saam met 'n Duitse polisieman vermoor. Tydens pogings om die atlete te red word vyf van die agt terroriste doodgemaak. Die drie terroriste wat die bloedbad oorleef word later deur Duitsland vrygelaat, ná druk weens die kaping van 'n vliegtuig van Lufthansa. 'n Reeks wraakaksies deur Israel volg, waarby twee van die drie ontsnapte terroriste doodgemaak word. Teen 2024 het die agtste en laaste oorlewende terroris, Jamal Al-Gashey, steeds gelewe.

Die Olimpiese Winterspele 1972 is in Sapporo, Japan, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1972 is tussen 2 en 11 Augustus in Heidelberg, Wes-Duitsland, gehou.

Remove ads

Toewysing

Thumb
Hans-Jochen Vogel, president van die Wes-Duitse reëlingskomitee
Thumb
Die Oos-Duitse span tydens die openingsplegtigheid

München is op 26 April 1966 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1972. Ander kandidate was: Madrid, Montreal en Detroit. Montreal het uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1976 geword.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1972, Stad ...
Remove ads

Sporte

21 Olimpiese sportsoorte in 195 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 195 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Remove ads

Stadions

25 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1972 gebruik:

Olimpiese Park

Thumb
Lugbeeld van die Olimpiese Park in München
Thumb
Kaart van die sportplekke in München
Thumb
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1972
Thumb
Die Olimpiese dorp in München
Thumb
In die Engelse tuin is die boogskietwedstryde beslis
Thumb
In die Olimpiese swembad is die watersportwedstryde aangebied
Meer inligting Stadion, Sporte ...

Groter München

Meer inligting Stadion, Sporte ...

Sokkerstadions

Meer inligting Stadion, Sporte ...

Handbalstadions

Meer inligting Stadion, Sporte ...

Ander sportplekke

Meer inligting Stadion, Sporte ...
Remove ads

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Meer inligting Datum, Augustus ...
Remove ads

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Remove ads

Getal medaljes

Thumb
Kaart van deelnemende nasies in 1972:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad München

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads