From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele 1932 (Engels: 1932 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.[7] Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, die Groot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op die vorige spele in Amsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Lake Placid in die Adirondack-gebergte.
Spele van die Xe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
14 Olimpiese sportsoorte in 117 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 116 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
15 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
160th Regiment State Armory | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | 1 800 |
Los Angeles Harbor | Seilvaart | Nie gelys nie |
Los Angeles Police Pistol Range | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | Nie gelys nie |
Long Beach Marine Stadium | Roei | 17 000 |
Los Angeles Avenue | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Olympic Auditorium | Boks, Gewigoptel, Stoei | 10 000 |
Los Angeles Memorial Coliseum | Atletiek, Ruitersport (dressuur, spring), Veldhokkie, Gimnastiek | 105 000 |
Pacific Coast Highway | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Riverside Drive at Griffith Park | Atletiek (50 km-loop) | Nie gelys nie |
Riviera Country Club | Ruitersport (dressuur, driefasekompetisie), Moderne vyfkamp (perdry) | 9 500 |
Rose Bowl in Pasadena | Fietsry (baan) | 85 000 |
Sunset Fields Golf Club | Moderne vyfkamp (hardloop) | Nie gelys nie |
Swemstadion | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo | 10 000 |
Vineyard Avenue | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Westchester | Ruitersport (dressuur) | Nie gelys nie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Lawrence Stevens (liggewig) en David Carstens (Ligswaargewig) wen goue medaljes en Ernest Peirce (Middelgewig) wen die bronsmedalje in boks.
Jenny Maakal wen brons in die 400 m vryslag en Marjorie Clark wen die bronsmedalje in die 80 m hekkies wedloop.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 474 | 41 | 32 | 30 | 103 |
2 | Italië (ITA) | 112 | 12 | 12 | 12 | 36 |
3 | Frankryk (FRA) | 103 | 10 | 5 | 4 | 19 |
4 | Swede (SWE) | 81 | 9 | 5 | 9 | 23 |
5 | Japan (JPN) | 157 | 7 | 7 | 4 | 18 |
6 | Hongarye (HUN) | 58 | 6 | 4 | 5 | 15 |
7 | Finland (FIN) | 40 | 5 | 8 | 12 | 25 |
8 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 108 | 4 | 7 | 5 | 16 |
9 | Duitsland (GER) | 134 | 3 | 12 | 5 | 20 |
10 | Australië (AUS) | 12 | 3 | 1 | 1 | 5 |
15 | Suid-Afrika (RSA) | 12 | 2 | 0 | 3 | 5 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.