Olimpiese Somerspele 2000
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Olimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies bo Beijing, Berlyn, Istanboel en Manchester.

Spele van die XXVIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1956 in Melbourne die tweede wat in Australië asook in die Suidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeres Nikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede van Savage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens die Olimpiese Somerspele 1996, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.
Die Paralimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.
Remove ads
Toewysing

Sydney is op 23 September 1993 in Monte Carlo deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2000. Ander kandidate was: Beijing, Manchester, Berlyn en Istanboel.
Die stemming het as volg verloop:
Remove ads
Sporte
28 Olimpiese sportsoorte in 300 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 300 goue medaljes oorhandig.
Atletiek (46)
Basketbal (2)
Bofbal (1)
Boks (12)
Boogskiet (4)
Driekamp (2)
Fietsry
- Baan (12)
- Bergfietsry (2)
- Pad (4)
Gewigoptel (15)
Gimnastiek
- Artistiek (14)
- Ritmies (2)
- Trampolien (2)
Handbal (2)
Judo (14)
Kanovaart
- Slalom (12)
- Snel (4)
Moderne vyfkamp (2)
Pluimbal (5)
Roei (14)
Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
Sagtebal (1)
Seilvaart (11)
Skermsport (10)
Skyfskiet (17)
Sokker (2)
Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
Taekwondo (8)
Tafeltennis (4)
Tennis (4)
Veldhokkie (2)
Vlugbal
- Vlugbal (2)
- Strandvlugbal (2)
- Watersport
Gesinchroniseerde swem (2)
Sierduik (8)
Swem (32)
Waterpolo (2)
Remove ads
Stadions
30 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2000 gebruik:
Olimpiese Park Sydney





Binne Sydney
Buite Sydney
Remove ads
Kalender
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Remove ads
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Albanië (5)
Algerië (47)
Amerikaanse Maagde-eilande (9)
Amerikaans-Samoa (5)
Andorra (5)
Angola (30)
Antigua en Barbuda (3)
Argentinië (143)
Armenië (25)
Aruba (5)
Australië (632)
Azerbeidjan (29)
Bahamas (25)
Bahrein (4)
Bangladesj (4)
Barbados (18)
België (68)
Belize (2)
Benin (4)
Bermuda (6)
Bhoetan (2)
Bolivië (5)
Bosnië en Herzegowina (9)
Botswana (7)
Brasilië (205)
Britse Maagde-eilande (1)
Broenei (1)
Bulgarye (91)
Burkina Faso (2)
Burundi (6)
Chili (50)
Colombia (44)
Comore-eilande (2)
Cookeilande (3)
Costa Rica (7)
Denemarke (97)
Djiboeti (2)
Dominica (4)
Dominikaanse Republiek (13)
Duitsland (422)
Ecuador (10)
Egipte (89)
Ekwatoriaal-Guinee (4)
El Salvador (8)
Eritrea (3)
Estland (33)
Ethiopië (26)
Fidji (7)
Filippyne (21)
Finland (70)
Frankryk (336)
Gaboen (5)
Gambië (2)
Georgië (36)
Ghana (22)
Grenada (3)
Griekeland (140)
Guam (7)
Guatemala (15)
Guinee (6)
Guinee-Bissau (3)
Guyana (4)
Haïti (5)
Honduras (20)
Hongarye (178)
Hongkong (31)
Ierland (64)
Indië (65)
Indonesië (47)
Irak (4)
Iran (35)
Israel (39)
Italië (361)
Ivoorkus (14)
Jamaika (48)
Japan (266)
Jemen (2)
Joego-Slawië (111)
Jordanië (8)
Kaaimanseilande (3)
Kaap Verde (2)
Kambodja (4)
Kameroen (34)
Kanada (294)
Kasakstan (130)
Katar (17)
Kenia (56)
Kirgisië (18)
Koeweit (29)
Demokratiese Republiek die Kongo (3)
Kongo (4)
Kroasië (88)
Kuba (229)
Laos (3)
Lesotho (6)
Letland (45)
Libanon (6)
Liberië (8)
Libië (3)
Liechtenstein (2)
Litaue (61)
Luxemburg (7)
Madagaskar (11)
Malawi (2)
Maledive (4)
Maleisië (40)
Mali (5)
Malta (7)
Marokko (55)
Masedonië (8)
Mauritanië (2)
Mauritius (20)
Meksiko (78)
Mianmar (7)
Gefedereerde State van Mikronesië (5)
Moldowa (34)
Monaco (4)
Mongolië (20)
Mosambiek (5)
Namibië (12)
Nauru (2)
Nederland (243)
Nederlands-Antille (7)
Nepal (5)
Nicaragua (6)
Nieu-Seeland (151)
Niger (4)
Nigerië (83)
Noord-Korea (31)
Noorweë (95)
Oekraïne (230)
Oesbekistan (70)
Oman (6)
Oostenryk (92)
Pakistan (26)
Palau (5)
Palestynse Owerheid (2)
Panama (6)
Papoea-Nieu-Guinee (5)
Paraguay (5)
Peru (21)
Pole (187)
Portugal (62)
Puerto Rico (29)
Roemenië (145)
Rusland (435)
Rwanda (5)
Salomonseilande (2)
Samoa (5)
San Marino (4)
Saoedi-Arabië (77)
São Tomé en Príncipe (2)
Senegal (26)
Sentraal-Afrikaanse Republiek (3)
Seychelle (9)
Sierra Leone (3)
Singapoer (14)
Siprus (22)
Sirië (8)
Republiek China (74)
Slowakye (114)
Slowenië (74)
Soedan (3)
Somalië (2)
Spanje (326)
Sri Lanka (18)
St. Kitts en Nevis (2)
St. Lucia (5)
St. Vincent en die Grenadine (4)
Suid-Afrika (127)
Suid-Korea (281)
Suriname (4)
Swaziland (6)
Swede (149)
Switserland (105)
Tadjikistan (4)
Tanzanië (4)
Thailand (52)
Togo (3)
Tonga (3)
Trinidad en Tobago (19)
Tsjad (2)
Tsjeggië (119)
Tunisië (47)
Turkmenistan (8)
Turkye (57)
Uganda (13)
Uruguay (14)
Vanuatu (3)
Venezuela (50)
Verenigde Arabiese Emirate (4)
Verenigde Koninkryk (332)
Verenigde State (586)
Viëtnam (7)
Volksrepubliek China (271)
Belarus (139)
Ysland (18)
Zambië (8)
Zimbabwe (16)
Suid-Afrikaanse deelname
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.

Suid-Afrika wen twee silwer en drie brons medaljes:
- Hestrie Cloete wen 'n silwer medalje met hoogspring.
- Terence Parkin wen silwer met die hoogspring vir dames.
- Penny Heyns wen 'n brons medalje in die 100 m borsslag.
- Llewellyn Herbert web brons in die 400 meter hekkies vir mans.
- Frantz Kruger wen brons in diskusgooi vir mans.
Remove ads
Getal medaljes

Neem vir die eerste keer deel
Het reeds vantevore deelgeneem
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads