From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XXV Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die XXVste Olimpiese Winterspele, sal tussen 6 en 22 Februarie 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.[1][2]
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XXVe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo en die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn die derde wees wat in Italië gehou word. In die Italiaanse hoofstad Rome is ook die Olimpiese Somerspele van 1960 beslis.
Die openingseremonie sal in San Siro van Milaan plaasvind, terwyl die sluitingseremonie in die Verona Arena van Verona gehou sal word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Italië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Italiaans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 15 Maart in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.
Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat was Stockholm, Swede.
Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Milaan, Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming is op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK in Lausanne, Switserland, gehou.[3][4] Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.[5]
Die stemming het as volg verloop:
Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Milaan | San Siro | Openingseremonie | 80 000 |
Milano Santagiulia Ice Hockey Arena | Hoofyshokkiestadion | 16 000 | |
Unipol Forum | Kunsskaats, kortbaanskaats | 12 700 | |
Rho FieraMilano | Yshokkie, langbaanskaats | Onbekend |
Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Bormio | Stelvio slope | Alpeski | Onbekend |
Valtellina | Skibergklim | ||
Livingo | Tagliede/Carosello 3000 | Sneeuplankry, vryski |
Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Cortina d'Ampezzo | Olimpia delle Tofane | Alpeski | Onbekend |
Pista Eugenio Monti | bobslee, skeleton, rodel | ||
Stadio Olimpico Del Ghiaccio | Ysbal | 7 000 | |
Anterselva/Antholz | Südtirol Arena | Tweekamp | 9 000 |
Stad | Plek | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Predazzo | Stadio del salto "Giuseppe Dal Ben" | Skansspring, Noorse kombinasie | 15 000 |
Tesero | Lago di Tesero | Heg-en-steg-ski, Noorse kombinasie | 50 000 |
Stad | Plek | Olimpiese seremonie | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Verona | Arena di Verona | Olimpiese sluitingseremonie | 20 000 |
7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines sal tydens die Spele beoefen word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.