2012 Superrugbyseisoen

From Wikipedia, the free encyclopedia

2012 Superrugbyseisoen
Remove ads

Die 2012 Superrugbyseisoen het in Februarie 2012 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die tweede seisoen van die vergrote 15-spantoernooi en die 17de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Daar is elke naweek van 24 Februarie tot 14 Julie wedstryde gespeel (met ’n drie week breuk tussen rondtes 15 en 16 vir internasionale wedstryde) en die eindwedstryd is op 4 Augustus gespeel.

Kitsfeite Deelnemende lande, Kampioen ...

Die kompetisie is oor 21 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Met die nuwe formaat bestaan die seisoenwedstryde uit twee tipes wedstryde, nl.:

  • Intergroepwedstryde – Elke span speel tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe)
  • Tussengroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee groepe waarvan vier wedstryde tuis was en vier wedstryde weg. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.

Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in die groep, het in die uitspeelwedstryde gespeel.[1] Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleër) het die eerste ronde van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie gekry. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër het dan in ’n tuiswedstryd uitgespeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes het die tweede groepwenner uitgespeel teen die span wat in die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste groepwenner het dan teen die ander uitspeelrondewenner gespeel. Die eindronde was ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.[2]

Remove ads

Punte

Meer inligting Span, S ...

Tabel notas

  • Pos = Tabel Posisie
  • S = Speel
  • W = Wen (4 punte)
  • G = Gelykop (2 punte)
  • V = Verloor (0 punte)
  • PV = Punte vir (Totale punte aangeteken)
  • PT = Punte teen (Totale punte afgestaan)
  • +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte)
  • BP1 = Bonuspunt toegeken vir ’n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd.
  • BP2 = Bonuspunt toegeken aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor.
    • Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry.
  • LL = Bonuspunte toegeken vir ’n loslootjie.
  • Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is
  • Die span wat die week ’n loslootjie het kry vier ligapunte
Remove ads

Wedstryddatums

Meer inligting Datum ...
  • Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is
  • Nota: Tye, datums en wedstrydplek is onderhewig aan verandering
Voorafgegaan deur
2011 Superrugby
Superrugby
2012
Opgevolg deur
2013 Superrugbyseisoen

Week 1

  • Elton Jantjies het in hierdie wedstryd die rekord vir die meeste strafdoele deur een persoon in ’n Superrugbywedstryd verbeter toe hy met nege strafdoele geslaag het.[3]
Loslootjie: Vlag van Australië Rebels

Week 2

  • Geen somertyd in Brisbane.
Loslootjie: Vlag van Australië Brumbies

Week 3

  • Geen somertyd in Perth en Brisbane.
Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Stormers

Week 4

Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Bulls, Vlag van Nieu-Seeland Crusaders, Vlag van Suid-Afrika Lions

Week 5

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Chiefs

Week 6

  • Geen somertyd in Perth.
  • Sondag 1 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.
Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Blues

Week 7

  • Paasnaweek
Loslootjie: Vlag van Australië Waratahs

Week 8

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Highlanders, Vlag van Nieu-Seeland Hurricanes, Vlag van Australië Reds

Week 9

Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Cheetahs, Vlag van Australië Force, Vlag van Suid-Afrika Lions

Week 10

Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Bulls, Vlag van Australië Rebels, Vlag van Suid-Afrika Sharks

Week 11

Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Stormers

Week 12

Loslootjie: Vlag van Australië Brumbies

Week 13

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Chiefs

Week 14

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Crusaders

Week 15

Loslootjie: Vlag van Suid-Afrika Cheetahs, Vlag van Australië Force, Vlag van Australië Reds

Week 16

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Blues, Vlag van Suid-Afrika Sharks, Vlag van Australië Waratahs

Week 17

Loslootjie: Vlag van Nieu-Seeland Hurricanes

Week 18

Loslootjie: Vlag van Australië Brumbies

Uitspeelwedstryde

Kwalifiserende ronde Halfeindronde Eindronde
                             
  KR1: 21 Julie 2012  
4  Vlag van Nieu-Seeland Crusaders 28  
5  Vlag van Suid-Afrika Bulls 13           HE1: 28 Julie 2012      
        1  Vlag van Suid-Afrika Stormers 19    
         Vlag van Suid-Afrika Sharks 26     E: 4 Augustus 2012
              Vlag van Nieu-Seeland Chiefs 37
            HE2: 27 Julie 2012     Vlag van Suid-Afrika Sharks 6
          2  Vlag van Nieu-Seeland Chiefs 20    
  KR2: 21 Julie 2012          Vlag van Nieu-Seeland Crusaders 17    
  3  Vlag van Australië Reds 17          
  6  Vlag van Suid-Afrika Sharks 30          


Kwalifiserende ronde

Halfeindronde

Eindronde

Remove ads

Spelerstatistieke

Meer inligting Top 14 driedrukkers, Pos ...

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads