BRICS

interregeringsorganisasie bestaande uit nege ontluikende markte From Wikipedia, the free encyclopedia

BRICS
Remove ads

BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit tien ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Indonesië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.

Meer inligting Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade. ...
Remove ads

Samestelling

Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik.[1] Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste,[2] sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.[3]

Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.

Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.

Remove ads

Doelwitte en ekonomiese agtergrond

Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.

Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.

Remove ads

Uitbreiding met vyf nuwe lede

Thumb
BRICS-leiers op 24 Augustus tydens aankondiging van die uitbreiding

Op 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit.[4] Volle lidmaatskap het op 1 Januarie 2024 in werking tree.[5]

Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring.[6] Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.[7] Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie.[8]

Vennootlande

Op 18 Januarie 2025 het Nigerië die negende BRICS-vennoot geword ná Belarus, Bolivië, Kasakstan, Kuba, Maleisië, Oesbekistan, Thailand en Uganda.[9]

Spitsberade

Meer inligting No., Datum(s) ...
Remove ads

Moontlike lede

Die volgende lande het óf belangstelling uitgespreek om by BRICS aan te sluit óf het reeds aansoek gedoen om lidmaatskap:

Afrika

Amerikas

Asië

Europa

1 – Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap
2 – Amptelik genooi om as 'n lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem
3 – Amptelik genooi om as 'n vennootstaat aan te sluit[63]

Remove ads

Hedendaagse BRICS-leiers

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads