Liam Lawson
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Liam Lawson (gebore 11 Februarie 2002) is 'n Nieu-Seelandse motorrenjaer wat tans aan Formule Een deelneem vir Scuderia AlphaTauri en die Super Formule-kampioenskap vir Team Mugen. Lawson, wat deur die driemalige Nieu-Seelandse Grand Prix-wenner Ken Smith afgerig word, het voorheen vir die Carlin- span aan die FIA Formule 2-kampioenskap deelgeneem, waar hy derde geëindig het in 2022.[1] Hy is 'n vorige Toyota Racing Series-kampioen en lid van die Red Bull Junior-span.[2][3][4] In 2021 het hy ook vir die Red Bull AF Corse-span in die Deutsche Tourenwagen Masters gejaag, saam met Alexander Albon en het die kampioenskap in die laaste ronde misgeloop.

Lawson dien ook tans as 'n reserwejaer vir Red Bull Racing.[5] Hy het sy Formule Een-debuut by die 2023 Nederlandse Grand Prix gemaak, toe hy Daniel Ricciardo by die AlphaTauri-span vervang het. Ricciardo het 'n gebreekte beentjie in sy hand opgedoen tydens 'n ongeluk in vrye oefening.[6]
Remove ads
Formule Een-uitslae
- † Lawson haal nie die eindstreep nie, maar word wel geklassifiseer, omdat hy meer as 90% van die renafstand afgelê het.
- * Seisoen is nog aan die gang.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads