4 Augustus is die 216de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (217de in skrikkeljare). Daar volg nog 149 dae in die jaar.
- 1521 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII), die 228ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1590).
- 1805 – William Rowan Hamilton, wiskundige, natuurkundige en filosoof, te Dublin, Verenigde Koninkryk (tans Ierland)
- 1859 – Knut Hamsun, Noorweegse romanskrywer, Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1920 († 1952)
- 1900 – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin († 2002).
- 1901 – Louis Armstrong, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -sanger († 1971).
- 1904 – Helen Kane, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1966).
- 1934 – Rutger Kopland, Nederlandse digter († 2012).
- 1935 – Ian Fleming, Engelse organiese chemikus.
- 1938 – John Gainsford, Springbokrugbyspeler († 2015).
- 1938 – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland († 2005).
- 1955 – Moya Brennan, Ierse sangeres.
- 1955 – Billy Bob Thornton, Amerikaanse akteur.
- 1955 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en voormalige wêreldswaargewigbokskampioen.
- 1958 – Steve Kekana, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2021).
- 1961 – Barack Obama, 44ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1981 – Meghan, Hertogin van Sussex, Amerikaanse oud-aktrise en lid van die Britse koninklike familie.
- 1994 - Greg Joseph, Suid-Afrikaanse-Amerikaanse voetbalspeler.
- 1995 – Jessica Sanchez, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer.