Paralimpiese Somerspele 2016

From Wikipedia, the free encyclopedia

Paralimpiese Somerspele 2016
Remove ads

Die Paralimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Paralímpicos de Verão de 2016) is tussen 7 en 18 September 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 342 atlete uit 159 nasies aan 528 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 15de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is asook die eerste in Latyns- en Suid-Amerika.

Thumb
Die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro
XVe Paralimpiese Somerspele
Thumb

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 159
Deelnemende atlete 4 342
Items 528 in 22 sporte
Openingseremonie 7 September 2016
Sluitingseremonie 18 September 2016
Amptelik geopen deur President Michel Temer
Atlete-eed Phelipe Rodrigues
Beampte-eed Raquel Daffre
Olimpiese vlam Clodoaldo Silva
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste. Zanele Situ het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[2]

Die Olimpiese Somerspele 2016 is tussen 5 Julie en 21 Augustus in Rio de Janeiro gehou.

Remove ads

Toewysing

Thumb
Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Thumb
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:

 Verkose stad

 Kandidaatstede

 Aansoekende stede

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2016 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2016.[3] Rio den Janeiro is op 2 Oktober 2009 in Kopenhagen deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2016.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016, Stad ...
Remove ads

Sporte

Thumb
Kaart van die sportplekke

22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 528 medaljes oorhandig. Twee nuwe sporte is ook by die Paralimpiese Somerspele in Rio gehou word: Parakanovaart en paradriekamp.[5]

Remove ads

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Meer inligting September, 7 Wo ...

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Thumb
Zanele Situ as Suid-Afrika se vlagdraer by die openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2016
Thumb
Suid-Afrika se Kevin Paul tydens die Swemwedstryd
Thumb
Fanie van der Merwe dra Suid-Afrika se vlag tydens die sluitingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2016 (langs die vlae van Angola en Japan)

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 29 medaljes (8 goud, 12 silwer en 9 brons) ingepalm en in die 18de plek geëindig.

Suid-Afrika het 44 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 22de plek met 17 medaljes. Hiervan is 7 goud-, 6 silwer en 4 bronsmedaljes.[6]

Goud
  • Kevin Paul – Swem – Mans se 100 m borsslag – SB9
  • Hilton Langenhoven – Atletiek – Mans se verspring – T12
  • Charl du Toit – Atletiek – Mans se 100 m – T37
  • Ernst van Dyk – Fietsry – Mans se padwedloop – H5
  • Reinhardt Hamman – Atletiek – Mans se spiesgooi – F38
  • Charl du Toit – Atletiek – Mans se 400 m – T37
  • Dyan Buis – Atletiek – Mans se 400 m – T38
Silwer
  • Ilse Hayes – Atletiek – Vroue se 100 m – T13
  • Ntando Mahlangu – Atletiek – Mans se 200 m – T42
  • Anrune Liebenberg – Atletiek – Vroue se 400 m – T47
  • Jonathan Ntutu – Atletiek – Mans se 100 m – T12
  • Ilse Hayes – Atletiek – Vroue se 400 m – T13
  • Hilton Langenhoven – Atletiek – Mans se 200 m – T12
Brons
  • Fanie van der Merwe – Atletiek – Mans se 100 m – T37
  • Tyrone Pillay – Atletiek – Mans se gewigstoot – T42
  • Zanele Situ – Atletiek – Vroue se spiesgooi – F54
  • Dyan Buis – Atletiek – Mans se verspring – T38
Remove ads

Getal medaljes

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads