Spele van die VIII Olimpiade, in Parys, Frankryk From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1924), amptelik bekend as die Spele van die VIIIste Olimpiade, is tussen 4 Mei en 27 Julie 1924 in Parys, Frankryk, aangebied. Parys is gekies om dit aan te bied bó Amsterdam, Barcelona, Los Angeles, Praag en Rome.[7] Dit was ná 1900 die tweede Olimpiese Somerspele wat in die Franse hoofstad plaasgevind het. In 1924 het Frankryk ook die eerste Olimpiese Winterspele aangebied, in Chamonix-Mont-Blanc in die Alpe.
Spele van die VIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Presies 100 jaar later sou Parys die Olimpiese Somerspele 2024 gaan aanbied. Een van die Olimpiese Somerspele 1924 se stadions sal na verwagting vir hierdie Olimpiese Somerspele ingespan word: Die veldhokkiewedstryde sal in die Stade Olympique Yves-du-Manoir beslis word.
17 Olimpiese sportsoorte in 126 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 126 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1924 gebruik. In die Stade de Colombes is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938-eindstryd tussen Italië en Hongarye beslis, wat deur Italië gewen is.
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Château de Bagatelle | Polo | 598 |
Bassin d'Argenteuil | Roei | 2 216 |
Camp de Châlons | Skyfskiet (600 m vrye geweer individueel en span) | 395 |
Fontainebleau | Moderne vyfkamp (perdry) | Nie gelys nie |
Hippodrome d'Auteuil | Ruitersport | 8 922 |
Issy-les-Moulineaux | Skyfskiet (lokvalskiet, insluitende spanwedstryd) | 41 |
Le Havre | Seilvaart | 541 |
Stade Olympique de Reims | Skietsport (lokvalskiet, hardloopteiken) | 420 |
Le Stand de Tir de Versailles | Moderne vyfkamp (skietsport), Skietsport (25 m vinnige vuurpistool, lopende takbokke) | 82 |
Meulan-en-Yvelines | Seilvaart | 389 |
Piscine des Tourelles | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo | 8 023 |
Saint-Cloud | Polo | 7 836 |
Stade Bergeyre | Sokker | 10 455 |
Stade de Colombes | Atletiek, Fietsry (pad), Ruitersport, Skermsport, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp (skermsport, hardloop), Rugby, Tennis | 60 000 |
Stade de Paris | Sokker | 5 145 |
Stade Pershing | Sokker | 8 110 |
Vélodrome d'hiver | Boks, Skermsport, Gewigoptel, Stoei | 10 884 |
Vélodrome de Vincennes | Fietsry (baan) | 12 750 |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
William Alexander Smith wen goud in boks in die kapokgewig-afdeling. Sid Atkinson wen silwer in die 110 m hekkies en Cecil McMaster wen brons in die 10 000 m stap.
Die "Vlieënde Finne" domineer die langafstande. Paavo Nurmi wen die 1 500 m en 5 000 m (vind plaas slegs een uur uitmekaar) en die landloopwedren (gehou in uitermatige warm weer).
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 299 | 45 | 27 | 27 | 99 |
2 | Finland (FIN) | 90 | 14 | 13 | 10 | 37 |
3 | Frankryk (FRA) | 401 | 13 | 15 | 10 | 38 |
4 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 239 | 9 | 13 | 12 | 34 |
5 | Italië (ITA) | 200 | 8 | 3 | 5 | 16 |
6 | Switserland (SUI) | 75 | 7 | 8 | 10 | 25 |
7 | Noorweë (NOR) | 62 | 5 | 2 | 3 | 10 |
8 | Swede (SWE) | 108 | 4 | 13 | 12 | 29 |
9 | Nederland (NED) | 153 | 4 | 1 | 5 | 10 |
10 | België (BEL) | 172 | 3 | 7 | 3 | 13 |
18 | Suid-Afrika (RSA) | 30 | 1 | 1 | 1 | 3 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.