From Wikipedia, the free encyclopedia
Tulium is ’n chemiese element met die atoomgetal 69 en simbool Tm.
| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | tulium, Tm, 69 | |||||
Chemiese reeks | lantaniede | |||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | |||||
Voorkoms | ||||||
Atoommassa | 168,93 (1) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f136s2 | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 31, 8, 2 | |||||
Fisiese eienskappe | ||||||
Toestand | vastestof | |||||
Digtheid (naby k.t.) | 9.32 g/cm³ | |||||
Smeltpunt | 1818 K (1545 °C) | |||||
Kookpunt | 2223 K (1950 °C) | |||||
Smeltingswarmte | 16,8 kJ/mol | |||||
Verdampingswarmte | 250 kJ/mol | |||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 160 J/(mol·K) | |||||
Atoomeienskappe | ||||||
Kristalstruktuur | heksagonaal digspakking | |||||
Strukturbericht-kode | A3 | |||||
Oksidasietoestande | 3 (matige basiese oksied) | |||||
Elektronegatiwiteit | 1,25 (Skaal van Pauling) |
Die naam verwys na Thule, 'n naam vir Skandinawië. Dit is in 1879 deur die Sweedse chemikus Per Theodor Cleve ontdek. Hy het begin met erbia wat veral Er2O3 bevat, maar hy het daaruit twee onsuiwerhede geïsoleer. Die een was bruin wat hy holmia genoem het, die ander was groen en hy het dit thulia genoem. Dit was hoofsaaklik Ho2O3 en Tm2O3. Tulium is 'n taamlik seldsame element waarvan in die aardkors net 0,52 mg per kilogram aangetref word. Dit kan uit monasiet verkry word, maar vorm slegs 0,007% daarvan.[1]
Dit is 'n glansende silwergrys metaal wat sag en pletbaar is. Oplossing van Tm3+ is groen van kleur en hulle fluoresseer blou onder UV-lig. Hierdie eienskap word in die eurobanknote gebruik om vervalsing daarvan te beperk. Tulium word ook as dotering in YAG-lasers gebruik. Dit word gewoonlik as nie-giftig beskou en het geen bekende biologiese rol nie.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.