Geologiese tydskaal

From Wikipedia, the free encyclopedia

Geologiese tydskaal
Remove ads

Die geologiese tydskaal is ’n indeling van die geskiedenis van die aarde in geologiese tydperke. Dit word bepaal deur die ouderdom van rotse.

Thumb
’n Kunstenaar se voorstelling van die geologiese tydskaal in die vorm van ’n spiraal.

Die geologiese tydskaal word meestal deur aardwetenskaplike (soos geoloë, paleontoloë, geofisici, geochemici en paleoklimatoloë) gebruik om die tye van en verhoudings tussen gebeure in die geologiese geskiedenis te beskryf. Die tydskaal is opgestel deur middel van die bestudering van rotslae en die waarneming van die verhoudings tussen hulle, asook die kenmerkende verskynsels soos litologieë, paleomagnetiese eienskappe en fossiele.

Verskeie tydskale is al opgestel, maar in die geologie word die laaste weergawe gebruik van die Internasionale Kommissie oor Stratigrafie (IKS), 'n liggaam van die Internasionale Vereniging van Geologiese Wetenskaplikes, waarvan die hoofdoel[1] is om globale chronostratigrafiese eenhede van die Internasionale Chronostratigrafiese Kaart[2] te definieer. Dit word weer gebruik om die verdeling van geologiese tyd te definieer. Die chronostratigrafiese verdelings word op hulle beurt gebruik om geochronologiese eenhede te definieer.[2]

Terwyl sommige ouer publikasies dikwels alternatiewe name of daterings van bo- of ondergrense van tydperke gebruik,[3] volg die tabel van geologiese tyd in dié artikel die riglyne van die IKS.[1][4] Dit volg heel onder.

Remove ads

Terminologie

Die geologiese tydskaal word verdeel in chronostratigrafiese eenhede en hulle ooreenstemmende geochronologiese eenhede. In sommige gebiede word streeksterme egter steeds gebruik.

Chronostratigrafie is die element van stratigrafie wat te doen het met die verhouding tussen rotse en die relatiewe meting van geologiese tyd.[5] 'n Chronostratigrafiese eenheid is 'n rots, met of sonder lae, wat gedefinieer is tussen spesifieke stratigrafiese horisonne wat spesifieke intervalle van geologiese tyd verteenwoordig. Hulle sluit alle rotse in wat verteenwoordigend is van 'n spesifieke interval van geologiese tyd, en net dié interval.[5]

Die substadiums van chronostratigrafiese eenhede is eonoteem, erateem, sisteem, serie en etage.[5] 'n Geochronologiese eenheid is 'n verdeling van geologiese tyd. Die ooreenstemmende eenhede is eon, era, periode, epog en tydsnede.[5]

Dit lyk dus soos volg:

Meer inligting Chronostratigrafie, Geochronologie ...

Die numeriese waardes op die Internasionale Chronostratigrafiese Kaart word voorgestel deur die eenhede Ma (mega-annum; miljoen jaar), Ga (giga-annum; miljard jaar) en soms ka (kilo-annum; duisend jaar). 'n Voorbeeld is 201,4 ± 0,2 Ma, die laagste grens van die Jura, wat gedefinieer word as 201 400 000 jaar, met 'n onsekerheid van 200 000 jaar.

Remove ads

Volgorde

Thumb
'n Alternatiewe voorstelling van die geologiese tydskaal as 'n horlosie.

In die 18de eeu al is die stratigrafiese kolom deur geoloë in verskillende eenhede of rotslae opgedeel. Gegrond op ooreenkomste kon rotslae wat in verskillende dele van die wêreld voorkom, vergelyk word. Daar bestaan egter steeds veral op klein skaal talle onduidelikhede, wat met die verbetering van stratigrafiese tegnieke en metodes steeds beter opgelos word.

Hoe lank die tydperke in die tydskaal geduur het, was onbekend tot met die uitvinding van radiometriese datering in die eerste helfte van die 20ste eeu. Tans het die gebruik van verskillende tegnieke die foutspeling by die datering van die belangrikste oorgange in die tydskaal verklein tot minder as 1%.

Die geskiedenis van die aarde word in vier hooftydperke, of eons, ingedeel (van oud tot jonk): die Hadeïkum, Argeïkum, Proterosoïkum en Fanerosoïkum. Dié word in eras verdeel, waarvan die Paleosoïkum, Mesosoïkum en Kainosoïkum die eras van die jongste eon, die Fanerosoïkum, is. Die laaste era, die Kainosoïkum, word weer verdeel in drie periodes: die Paleogeen, Neogeen en die huidige Kwartêr. Die Kwartêr word onderverdeel in die epogs Pleistoseen en Holoseen. Epogs word weer onderverdeel in tydsnedes.

Danksy radiometriese datering is vasgestel dat die laaste eon, die Fanerosoïkum, nie eens ’n tiende van die aarde se totale geskiedenis uitmaak nie. Die tyd voor dié eon word dikwels gesamentlik die Prekambrium genoem, dus die tyd voor die eerste Fanerosoïese periode, die Kambrium.

Meer inligting Naam, Tydperk ...
Meer inligting Naam, Tydperk ...
Meer inligting Naam, Tydperk ...
Remove ads

Tabel van geologiese tyd

Die volgende tabel lys die verdelings van die geologiese tydskaal. Die mees onlangse tydperke is bo en die ouer tydperke onder. Die hoogte van 'n tabelinskrywing stem nie ooreen met die duur van elke verdeling nie. Terwyl die Fanerosoïkum langer lyk as die res, strek dit net oor ~539 miljoen jaar (~12% van die Aarde se geskiedenis), terwyl die vorige drie eons saam oor ~3 461 miljoen jaar (~76% van die Aarde se geskiedenis) strek. Dit is omdat relatief min bekend is oor die eerste drie eons in vergelyking met die Fanerosoïkum. Laasgenoemde is dus in meer korter tydperke verdeel.[17][18]

Meer inligting Eon/eonoteem, Era/erateem ...
Remove ads

Verwysings

Bronne

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads