From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele 1968 (Spaans: Juegos Olímpicos de Verano de 1968), amptelik bekend as die Spele van die XIXde Olimpiade, is tussen 12 en 27 Oktober 1968 in Meksikostad, Meksiko, aangebied. Naas Meksikostad het Detroit, Buenos Aires en Lyon aansoek gedoen om die Spele te mag organiseer. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in 'n ontwikkelende land, Latyns-Amerika en 'n Spaanstalige land gehou is asook die eerste Spele waar meer as 100 nasies deelgeneem het.
Spele van die XIXe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee tydens sy kongres in Baden-Baden in 1963 om die Spele aan Meksikostad toe te wys, het vir heelwat onstuimigheid in die sportwêreld gesorg. Verskeie medici en afrigters vrees dat die hoë ligging van die stad dramatiese gevolge kan hê. Onni Niskanen, die Sweedse afrigter van Abebe Bikila beweer selfs dat atlete kan sterf. As gevolg van die beslissing doen wetenskaplikes navorsing oor die probleem. Daar word bevind dat dissiplines waar uithouvermoë belangrik is, nie normaal kon verloop nie as gevolg van 'n suurstofgebrek. Naellopers, daarteen sou baat vind by die verlaagde lugweerstand. Daar word voorgestel dat atlete 'n lang aanpassingsperiode gegun word om by die omstandighede aan te pas. Uiteindelik verloop die Spele sonder enige ernstige mediese insidente.
1968 was die jaar van die studentenrewolusies, en dit was ook die geval in Meksiko. Voor die begin van die Spele vind 'n studenteopstand in Meksiko plaas om wêreldwye aandag op die klimaat in Meksiko te vestig. Die regering bring hierdie opstand hardhandig tot 'n einde, wat onder andere lei tot die Bloedbad van Tlatelolco. Verder was daar nog 'n ander probleem wat die Spele ontwrig het: Die Afro-Amerikaanse atlete begin 'n protesbeweging in die Olimpiese dorp teen die rassediskriminasie waarvan hulle in hul eie land slagoffers was. 'n Insident vind tydens die medaljeseremonie na die 200 meter plaas. Tommie Smith en John Carlos, onderskeidelik eerste en derde, staan tydens die speel van die Amerikaanse volkslied met gebalde vuiste en geboë hoofde (die Swartmag-saluut). Na die voorval word die twee uit die Olimpiese dorp geskop.
Die Olimpiese Winterspele 1968 is in Grenoble, Frankryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1968 is tussen 4 en 13 November in Tel Aviv, Israel, gehou.
Meksikostad is op 18 Oktober 1963 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1968. Ander kandidate was: Detroit, Buenos Aires en Lyon.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1968[7] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Meksikostad | Meksiko | 30 | ||||
Detroit | Verenigde State | 14 | ||||
Lyon | Frankryk | 12 | ||||
Buenos Aires | Argentinië | 2 |
18 Olimpiese sportsoorte in 172 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 174 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
25 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1968 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Agustín Melgar Olimpiese Velodrome | Fietsry (baan) | 3 000 |
Arena México | Boks | 16 236 |
Avándaro Gholfklub | Ruitersport (driegangkampioenskap) | Nie gelys nie |
Campo Marte | Ruitersport (dressuur, individuele spring) | 7 885 (spring) 4 990 (dressuur) |
Campo Militar 1 | Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | Nie gelys nie |
Club de Yates de Acapulco | Seilvaart | Nie gelys nie |
Estadio Azteca | Sokker (eindstryd) | 104 000 |
Estadio Cuauhtémoc (Puebla de Zaragoza) | Sokker (groepuitdunne) | 42 648 |
Estadio Jalisco (Guadalajara) | Sokker (groepuitdunne) | 56 713 |
Estadio Nou Camp (León) | Sokker (groepuitdunne) | 33 943 |
Estadio Olímpico Universitario | Atletiek (insluitende 20 km en 50 km-lope), seremonies (opening/sluiting), Ruitersport (spanspring) | 68 954 |
Fernando Montes de Oca Skermsportsaal | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | 3 000 |
Francisco Márquez Olimpiese Bekken | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo | 15 000 |
Arena Insurgentes | Stoei | 3 386 |
Teatro de los Insurgentes | Gewigoptel | 1 100 |
Juan de la Barrera Olimpiese Gimnasium | Vlugbal | 5 242 |
Juan Escutia Sportpaleis | Basketbal, Vlugbal | 22 370 |
Munisipale Stadion | Veldhokkie | 7 360 |
Nasionale Ouditorium | Gimnastiek | 12 450 |
Arena Revolución | Vlugbal | 1 500 |
Satellietkring | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Universiteitstad Swembad | Waterpolo | 4 993 |
Vicente Suárez Skietbaan | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | Nie gelys nie |
Virgilio Uribe Roei en Kano-kursus | Kanovaart, Roei | 17 600 |
Zócalo | Atletiek (maratonstart) | Nie gelys nie |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Datum | Oktober | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
12 Sa | 13 So | 14 Ma | 15 Di | 16 Wo | 17 Do | 18 Vr | 19 Sa | 20 So | 21 Ma | 22 Di | 23 Wo | 24 Do | 25 Vr | 26 Sa | 27 So | |
Atletiek | 1 | 4 | 4 | 7 | 6 | 5 | 2 | 7 | ||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 11 | ||||
Fietsry | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 2 | 1 | |||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Gimnastiek | ● | ● | 2 | 2 | 4 | 6 | ||||||||||
Kanovaart | ● | ● | ● | 7 | ||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | 7 | |||||||||||
Ruitersport | ● | ● | ● | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 5 | |||||||||
Sierduik | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | ● | 1 | |||||||
Skermsport | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | |||||
Skyfskiet | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | |||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||
Stoei | ● | ● | ● | 8 | ● | ● | ● | 8 | ||||||||
Swem | 2 | ● | 4 | 3 | 3 | 3 | 4 | 4 | 3 | 3 | ||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | ||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||
Totaal | 0 | 2 | 5 | 6 | 9 | 13 | 10 | 17 | 20 | 14 | 5 | 12 | 8 | 16 | 34 | 1 |
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||
Datum | 12 Sa | 13 So | 14 Ma | 15 Di | 16 Wo | 17 Do | 18 Vr | 19 Sa | 20 So | 21 Ma | 22 Di | 23 Wo | 24 Do | 25 Vr | 26 Sa | 27 So |
Oktober |
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 357 | 45 | 28 | 34 | 107 |
2 | Sowjetunie (URS) | 312 | 29 | 32 | 30 | 91 |
3 | Japan (JPN) | 171 | 11 | 7 | 7 | 25 |
4 | Hongarye (HUN) | 167 | 10 | 10 | 12 | 32 |
5 | Oos-Duitsland (GDR) | 226 | 9 | 9 | 7 | 25 |
6 | Frankryk (FRA) | 200 | 7 | 3 | 5 | 15 |
7 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 121 | 7 | 2 | 4 | 13 |
8 | Wes-Duitsland (FRG) | 275 | 5 | 11 | 10 | 26 |
9 | Australië (AUS) | 128 | 5 | 7 | 5 | 17 |
10 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 225 | 5 | 5 | 3 | 13 |
11 | Meksiko (MEX) | 275 | 3 | 3 | 3 | 9 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.