Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien ewe horisontale bane afwisselend in rooi (bo en onder) en wit met ’n blou reghoek (waarna spesifiek verwys word as die "unie") in die skildhoek waarop daar 50 klein, vyfpuntige wit sterre, gereël in nege afwaartse horisontale rye, waar rye van ses sterre (bo en onder) met rye van vyf sterre afwissel. Die 50 sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Deelstate van die Verenigde State van Amerika en die 13 bane staan vir die 13 Britse kolonies wat hul onafhanklikheid van die Koninkryk van Groot-Brittanje verklaar en sodoende die eerste deelstate van die Verenigde State geword het.[2] Byname vir die vlag sluit in Stars and Stripes ("sterre en bane"),[3] Old Glory ("ou glorie"),[4] en die Star-Spangled Banner ("sterbesaaide banier"). Volgens Artikel 2 van die Amerikaanse vlagwet word na die goedkeuring van ’n nuwe deelstaat vanaf die volgende 4 Julie (Onafhanklikheidsdag) ’n verdere ster bygevoeg.[5]

Kitsfeite Bynaam, Gebruik ...
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Thumb
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Bynaam The Stars and Stripes
Red, White and Blue
Old Glory,[1]
The Star-Spangled Banner
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 10:19
Goedgekeur 14 Julie 1777 (oorspronklike 13-ster weergawe)
4 Julie 1960 (huidige weergawe)
Ontwerp Dertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met 50 sterre in die skildhoek.
Thumb
Wisselvormvlag van die Verenigde State van Amerika
Gebruik Oorlogsvlag Oorlogsvlag
Verhouding 1:2
Sluit

Die kleure rooi, wit en blou is van die Union Jack as vlag van die Britse kolonies in Noord-Amerika ontleen. Die kleure het die volgende simboliek: wit vir suiwerheid en onskuld (purity and innocence), rooi vir dapperheid en veerkragtigheid (valor and hardiness) en blou vir waaksaamheid, deursettingsvermoë en geregtigheid (vigilance, perseverance, justice).

Die volkslied van die Verenigde State, The Star-Spangled Banner, verwys na die vlag van die Verenigde State. Op 14 Junie word die vlagdag (Flag Day) gevier, hoewel dit net in Pennsilvanië en Amerikaans-Samoa (op 17 Junie) ’n openbare vakansiedag is.

Simboliek

’n Wapperende Amerikaanse vlag in New York Stad

Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in die Grondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte ((en) Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.

Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die strepe is simbolies vir die ligstrale van die son."[6] George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."

Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.

Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak

Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.[7]

Eed van getrouheid

Die vlag en The Star-Spangled Banner (volkslied) van die Verenigde State

Deur die Eed van Getrouheid word ’n ewige trou aan die vlag gesweer. Hiermee saam is die vlag ’n simbool van nasionalisme, patriotisme en militarisme. Sedert die laaste aanpassing op 14 Junie 1954 lui die teks soos volg:

I pledge allegiance to the Flag of the United States of America, and to the Republic for which it stands: one Nation under God, indivisible, with Liberty and Justice for all.
(Ek sweer trou aan die Vlag van die Verenigde State van Amerika, en aan die Republiek wat dit verteenwoordig: één Nasie onder God, ondeelbaar, met Vryheid en Regtverdigheid vir iedereen.)

—Francis Bellamy, [8]

Ontwerp

Thumb
Opvou van die Amerikaanse vlag

Die basiese ontwerp van die huidige vlag word gespesifiseer deur die Vierde Titel van die Kode van die Verenigde State; daar word ook bepaal hoe nuwe sterre vir nuwe state verteenwoordig moet word.[9] Die uiteensetting gee die volgende waardes:

  • Wydte van die vlag: A = 1.0
  • Lengte van die vlag: B = 1.9[10]
  • Wydte van die blou reghoek: C = 0.5385 (A × 7/13, gelyk aan sewe bane)
  • Lengte van die blou reghoek: D = 0.76 (B × 2/5, twee vyfdes van die lengte van die vlag)
  • E = F = 0.0538 (C/10, Een tiende van die wydte van die blou reghoek)
  • G = H = 0.0633 (D/12, Een twaalfde van die lengte van die blou reghoek)
  • Deursnee van ster: K = 0.0616
  • Wydte van ’n baan: L = 0.0769 (A/13, Een dertiende van die wydte van die vlag)

Hierdie spesifikasies word vervat in ’n Uitvoerende Bevel wat tegnies die enigste vlae wat vir die federale regering van die Verenigde State gemaak word reguleer.

Thumb
Konstruksietekening

Kleure

Thumb
Die korrekte vertikale vertoning van die Amerikaanse vlag (hangende weergawe). Die "unie" (blou reghoek met sterre) moet altyd in die boonste linkerhoek wees.
Thumb
Die Groot Seël van die Verenigde State ontleen die blou reghoek, die sterre en die rooi-wit bane van die vlag.

Die presiese skakerings van rooi, wit en blou van die vlag is deur die CAUS Standard Color Reference of America se 10de uitgawe bepaal. Die kleure word as White, Old Glory Red en Old Glory Blue gespesifiseer.[11] Die CIE-koördinate vir die kleure in die 9de uitgawe van die Standard Color Card is formeel gespesifiseer in JOSA van 1946.[12] Hierdie kleure vorm die standaard vir die doek, en daar is geen perfekte manier om hulle na RGB vir vertoning op skerm of CMYK vir drukwerk om te skakel nie. Die "relatiewe" koördinate in die volgende tabel is verkry deurdat die liggewende reflektansie vergelyk is met die vlag se "wit".

Meer inligting Naam, Absoluut ...
Amptelike kleure
Naam Absoluut Relatief
CIELAB D65 Munsell CIELAB D50 sRGB GRACoL 2006
L*a*b* HV/C L*a*b* RGB8-bit hex CMYK
White 88.7−0.25.4 2.5Y8.8/0.7 100.00.00.0 1.0001.0001.000#FFFFFF .000.000.000.000
Old Glory Red 33.951.224.7 5.5R3.3/11.1 39.957.328.7 .698.132.203#B22234 .1961.000.757.118
Old Glory Blue 23.213.1−26.4 8.2PB2.3/6.1 26.911.5−30.3 .234.233.430#3C3B6E .886.851.243.122
Sluit

Nes die ontwerp is die amptelike kleure net aan amptelike vereistes onderhewig vir vlae wat vir die Amerikaanse federale regering vervaardig word; ander kleure word dikwels vir massamark-vlae, gedrukte reproduksies en ander produkte gebruik wat bedoel is om vlagkleure na te bots. Die gebruik van meer versadigde kleure as die amptelike doek s’n is nie nuut nie. Soos Taylor, Knoche en Granville in 1950 geskrewe het:

Die kleur van die amptelike woldoek [van die blou veld] is ’n baie donkerblou, maar gedrukte reproduksies van die vlag, sowel as handelsware wat veronderstel is om by die vlag te pas, dui die kleur as ’n baie helderder blou as die amptelike doek s’n aan.[13]

Soms word die benaderinge van die Pantone Matching System (PMS) tot die vlagkleure gebruik. Een stelsel is reeds in 1998 op die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Londen weergegee; die webwerf van die Amerikaanse ambassade in Stockholm het in 2001 beweer dat dit deur Pantone voorgestel is, en dat die Amerikaanse regeringskantoor voorkeur aan ’n ander stel gegee het. ’n Derde rooi is in 2002 in ’n dokument van die Kaliforniese Militêre Department voorgestel.[14][15][16][17][18] In 2001 het die wetgewer van Texas bepaal dat die kleure van die Texaanse vlag "(1) dieselfde kleure soos op die vlag van die Amerikaanse vlag moet wees" en (2) die nommers as 193 (rooi) en 281 (donderblou) van die Pantone Matching System bepaal.[19]

Meer inligting Bron, PMS ...
Pantone benaderings
Bron PMS CIELAB D50 sRGB GRACoL 2006
L*a*b* RGB8-bit hex CMYK
Safe 100.00.00.0 1.0001.0001.000#FFFFFF .000.000.000.000
Ambassade
in Londen
193 C 42.164.426.7 .756.076.238#C1133D .1651.000.678.063
281 C 15.47.0−41.8 .000.149.388#002663 1.000.906.388.231
Ambassade
in Stockholm
186 C 44.167.837.9 .800.048.185#CC0C2F .1221.000.796.035
288 C 18.07.6−50.3 .000.172.466#002C77 1.000.863.357.141
CA Mil. Dept. 200 C 41.164.230.8 .745.051.203#BE0D34 .1691.000.749.074
Sluit

Geskiedenis

Die vlag is 26 keer verander sedert die unie van dertien state die vlag aangeneem het. Die huidige weergawe is sedert 4 Julie 2007 die Amerikaanse vlag wat die langste in gebruik is. Voorheen was dit die vlag met 48 sterre (dit was vir 47 jaar die vlag van die VSA).

Grand Union-vlag

Ten tyde van die ondertekening van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 4 Julie 1776 het die VSA geen amptelike vlag gehad nie. Daar is verskeie kere na die Grand Union-vlag verwys as die Eerste Nasionale vlag; alhoewel dit nooit enige amptelike status gehad het nie, is dit gebruik tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog[20] deur George Washington en het dit ook die basis gevorm vir die ontwerp van die eerste amptelike Amerikaanse vlag. Die vlag herinner baie aan die vlag van die Brits Oos-Indiese Kompanjie van dieselfde era wat sedert 1707 gebruik is; sir Charles Fawcett het in 1937 gemeen dat die vlag van die Kompanjie as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het,[21] daarmee saam het Buckminster Fuller dit ook in sy boek Critical Path genoem. Die vlag van die Kompanjie kon egter enigiets tussen nege en dertien bane gehad het en dit mog nie buite die Indiese Oseaan gewapper word nie.[22] Beide vlae kon maklik vervaardig word deur horisontale bane by die Rooi Britse Vaandel te voeg.

’n Ander teorie meen dat die rooi en wit gestreepte—en later, starre-en-strepe—motief van die vlag gebaseer kon gewees het op die wapenskild van George Washington (’n wit skild met twee rooi bane onder drie rooi sterre).[23]

Historiese progressie van die vlag

In die onderstaande tabel van die 28 variasies van die ontwerpe van die vlag van die Verenigde State is die sterrepatrone vir die vlae slegs die gewone patrone wat dikwels met die Vloot van die Verenigde State verbind word. Die ontwerp van die skildhoek het, voor die proklamasie van die 48-ster vlag, geen amptelike rangskikking gehad nie. Die presiese kleure van die vlag is ook nie gestandaardiseer tot 1934 nie.[24]

Meer inligting Hoev. Sterre, Hoev. Strepe ...
Hoev.
Sterre
Hoev.
Strepe
Ontwerp(e) State Verteenwoordig
deur Nuwe Sterre
Datums in gebruik Durasie
013ThumbNVT3 Desember 1775[25]  – 14 Junie 1777 1½ jaar
(18 maande)
1313Thumb ThumbThumb ThumbDelaware, Pennsylvania, New Jersey,
Georgia, Connecticut, Massachusetts,
Maryland, Suid-Carolina, New Hampshire,
Virginië, New York, Noord-Carolina,
Rhode Island
14 Junie 1777  – 1 Mei 1795 18 jaar
(215 maande)
1515ThumbVermont, Kentucky1 Mei 1795  – 3 Julie 1818 23 jaar
(278 maande)
2013ThumbThumbIndiana, Louisiana, Mississippi,
Ohio, Tennessee
4 Julie 1818  – 3 Julie 1819 1 jaar
(12 maande)
2113ThumbIllinois4 Julie 1819  – 3 Julie 1820 1 jaar
(12 maande)
2313ThumbAlabama, Maine4 Julie 1820  – 3 Julie 1822 2 jaar
(24 maande)
2413ThumbMissouri4 Julie 1822  – 3 Julie 1836
1831 ontstaan die term "Old Glory"
14 jaar
(168 maande)
2513ThumbArkansas4 Julie 1836  – 3 Julie 1837 1 jaar
(12 maande)
2613ThumbThumbMichigan4 Julie 1837  – 3 Julie 1845 8 jaar
(96 maande)
2713ThumbFlorida4 Julie 1845  – 3 Julie 1846 1 jaar
(12 maande)
2813ThumbTexas4 Julie 1846  – 3 Julie 1847 1 jaar
(12 maande)
2913ThumbThumbIowa4 Julie 1847  – 3 Julie 1848 1 jaar
(12 maande)
3013ThumbWisconsin4 Julie 1848  – 3 Julie 1851 3 jaar
(36 maande)
3113ThumbKalifornië4 Julie 1851  – 3 Julie 1858 7 jaar
(84 maande)
3213ThumbMinnesota4 Julie 1858  – 3 Julie 1859 1 jaar
(12 maande)
3313Thumb ThumbThumb ThumbOregon4 Julie 1859  – 3 Julie 1861 2 jaar
(24 maande)
3413ThumbKansas4 Julie 1861  – 3 Julie 1863 2 jaar
(24 maande)
3513ThumbWes-Virginië4 Julie 1863  – 3 Julie 1865 2 jaar
(24 maande)
3613ThumbThumbNevada4 Julie 1865  – 3 Julie 1867 2 jaar
(24 maande)
3713ThumbThumbNebraska4 Julie 1867 – 3 Julie 1877 10 jaar
(120 maande)
3813ThumbThumbColorado4 Julie 1877  – 3 Julie 1890 13 jaar
(156 maande)
4313ThumbIdaho, Montana, Noord-Dakota,
Suid-Dakota, Washington
4 Julie 1890  – 3 Julie 1891 1 jaar
(12 maande)
4413ThumbWyoming4 Julie 1891  – 3 Julie 1896 5 jaar
(60 maande)
4513ThumbUtah4 Julie 1896  – 3 Julie 1908 12 jaar
(144 maande)
4613ThumbOklahoma4 Julie 1908  – 3 Julie 1912 4 jaar
(48 maande)
4813ThumbArizona, Nieu-Mexiko4 Julie 1912  – 3 Julie 1959 47 jaar
(564 maande)
4913ThumbAlaska4 Julie 1959  – 3 Julie 1960 1 jaar
(12 maande)
5013ThumbHawaii4 Julie 1960  – huidig 50
(600 maande)
Sluit

Toekoms van die vlag

Ook in die toekoms mag die aantal Amerikaanse deelstate verander. Vervolgens sal die aantal sterre van die vlag dienooreenkomstig aangepas word.

Daar is politieke bewegings wat vir die omskep van die Distrik van Colombia (Washington, D.C.) in ’n deelstaat en die afstigting van New York Stad as ’n eie deelstaat pleit. Van die Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika (Amerikaanse Maagde-eilande, Amerikaans-Samoa, Guam, Noordelike Mariana-eilande, Puerto Rico) kan dalk ook as deelstate in die unie opgeneem word. Die Heraldiese Instituut van die Weermag van die Verenigde State (United States Army Institute of Heraldry) het ontwerpe van vlae met soveel as 57 sterre voorberei (met ’n soortgelyke rangskikking) vir ingeval nuwe deelstate toegevoeg word.[26]

Die teenoorgestelde is ook moontlik: die uittrede van ’n deelstaat uit die unie of die samesluiting van deelstate, wat die aantal sterre sal verminder.

Ander vlae

Regeringsvlae

Soortgelyke vlae

  • Die vlag van Bikini-atol is simbolies van die eilandbewoners se oortuiging dat die VSA baie verskuldig is aan die mense van Bikini omdat die Amerikaanse regering in 1954 ’n termokernbom as deel van die Castle Bravo-toets laat ontplof het.
  • Die vlag van Liberië herinner baie aan die vlag van die VSA (dit dui daarop dat Liberië ’n slawekolonie van die VSA was). Die Liberiese vlag het elf soortgelyke rooi en wit bane wat die elf ondertekenaars van die onafhanklikheid voorstel. Daar is ook ’n blou vierkant in die skildhoek met een groot ster, wat die unie voorstel.
  • Die vlag van Maleisië herinner ook baie aan die vlag VSA met rooi en wit bane (14 in totaal) en ’n blou skildhoek waarin die star en sekelmaan vertoon word. Dit kan egter so wees weens die groot invloed van die Britse Oos-Indiese Kompanjie eerder as die vlag van die Verenigde State. Die vlag van die Federasie van Maleisië (wat ’n voorloper is van die hedendaagse Maleisië) lyk ook naastenby dieselfde.
  • Die vlag van Togo lyk soos die Liberiese vlag met 5 bane (die kleure is egter die Pan-Afrika kleure).
  • Die Oggendstervlag van die voormalige Nederlands-Nieu-Guinee is doelbewus soortgelyk aan die vlag van die Verenigde State.
  • Die baie kortstondige eerste vlag van die Republiek van die Verenigde State van Brasilië lyk soos die vlag van die VSA, maar gebruik Brasilië se tradisionele kleure van groen, geel en blou in plaas van die rooi, wit en blou van die vlag van die VSA. Dit is ontwerp om die 1776 en die Amerikaners van daardie tyd te eer.
  • Die vlag van El Salvador wat tussen 1865 en 1912 gebruik is herinner ook aan die vlag van die VSA waar die bane blou en wit is met ’n rooi skildhoek wat ’n wit ster bevat.

Ander vlae van die Verenigde State

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.