Delaware
staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Delaware (Engels: State of Delaware) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Dover en die grootste stad is Wilmington.
Delaware het 'n bevolking van 0,9 miljoen en 'n oppervlakte van 6 452 vierkante kilometer. Delaware word in die noorde deur Pennsilvanië, in die ooste deur New Jersey, en in die suide en weste deur Maryland begrens. Die Atlantiese Oseaan asook die Delaware Baai lê in die ooste. Delaware is die tweede kleinste deelstaat, maar dit is die eerste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Danksy die ligging digby die Atlantiese Oseaan het die deelstaat 'n matige klimaat.
Delaware se byname is The First State, The Small Wonder State, Blue Hen State, en The Diamond State. Die deelstaat is vernoem na die Delawarerivier wat na Thomas West, 3de Baron De la Warr (1577-1618) vernoem is.


Remove ads
Eksterne skakels
- Toerisme
- Geskiedenis
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads