Iowa (Engels : State of Iowa ) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 3,2 miljoen. In 1846 is Iowa as die 29ste deelstaat tot die Unie toegelaat. Sy hoofstad en grootste stad is Des Moines . Dit word in die noorde deur Minnesota , in die ooste deur Wisconsin en Illinois , in die suide deur Missouri , en in die weste deur Suid-Dakota en Nebraska begrens.
Kitsfeite
Deelstaat Iowa
Flag of Iowa
Seël
Bynaam(e): The Hawkeye State, The Tall Corn State
Kaart van die Verenigde State met Iowa uitgelig
Amptelike taal(e)
Engels
Hoofstad Des Moines
Grootste stad Des Moines
Area 26ste in die V.S.
- Totaal145 743 km2
- Wydte500 km
- Lengte320 km
- Water1 035 km2
- % water0,71 %
- Breedtegraad40° 23′ N tot 43° 30′ N
- Lengtegraad90° 8′ W tot 96° 38′ W
Bevolking 30ste in die V.S.
- Totaal3 046 355
- Digtheid21,64/km2 24ste in die V.S.
Hoogte
- Hoogste punt
Hawkeye Point 509 m
- Gemiddeld340 m
- Laagste puntSamevloei van Mississippirivier en Des Moinesrivier 146 m
Toetrede tot die Unie
28 Desember 1846 (29ste )
Goewerneur Kim Reynolds (R)
Luitenant-Goewerneur Adam Gregg (R)
Wetgewer Iowa Algemene Vergadering
- HoërhuisSenaat
- LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Chuck Grassley (R) Joni Ernst (R)
Tydsone
UTC -6 / Somertyd -5
Afkortings
IA US-IA
Webblad www.iowa.gov
Sluit
Iowa se byname is The Hawkeye State en The Tall Corn State .
Prairie Sunset - Sononder in die Grasvlakte
Mississippi naby Lansing
Mississippi -rivierboot in Bellevue
Sioux City-kunsmuseum: John Himmelfarb se Trucks. Penelope Awaiting Her Chamberlain (2013)Chevrolet-plaaslorrie van 1946 met voorwerpe wat êrens gevind is
'n Lugaansig van Des Moines
'n Stylvolle watertoring: Stanton Coffee Pot