Alpine F1-span
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Alpine F1-span, wat meeding as BWT Alpine F1 Team,[1] is 'n Formule Een-vervaardiger wat hul debuut gemaak het aan die begin van die 2021 Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen. Diie span was voorheen bekend as die Renault F1-span en in besit van die Franse motormaatskappy Groupe Renault. Die span is hernoem vir 2021 om Renault se sportmotorhandelsmerk, Alpine, te bevorder en dien steeds as Renault se fabriekspan. Die onderstel en bestuurskant van die span is gebaseer in Enstone, Oxfordshire, Engeland, en die enjinkant van die span is gebaseer in Viry-Châtillon, 'n voorstad van Parys, Frankryk.



Remove ads
Wedrengeskiedenis
2021-seisoen
Alpine F1-span het die tweemalige wêreldkampioen, Fernando Alonso, gekontrakteer[2] om Daniel Ricciardo wat die Renault-span verlaat het te vervang,[3] en Esteban Ocon is behou uit die 2020 Renault-span.[4] Die Alpine-motor gebruik Renaultenjins.[5] Renault se spanbaas, Cyril Abiteboul, het aangekondig dat hy sal vertrek namate Renault na Alpine oorgeskakel het.[6] Abiteboul is vervang deur Davide Brivio, wat voorheen vir Suzuki in MotoGP gewerk het.[7]
Alpine se eerste ren het geëindig met Alonso wat gedwing is om te onttrek, nadat puin sy motor laat oorverhit het.[8] Ocon is deur Aston Martin-jaer, Sebastian Vettel, getref.[9] Ten spyte van 'n teleurstellende begin, kon Alpine wel in die volgende vyftien wedrenne punte aangeteken,[10] insluitend 'n oorwinning vir Ocon in die 2021 Hongaarse Grand Prix.[11] Dit was die eerste oorwinning vir 'n Franse bestuurder wat 'n Franse motor bestuur het wat deur 'n Franse enjin aangedryf is, sedert Alain Prost se triomf by die Oostenrykse Grand Prix in 1983 met 'n Renaultmotor.[12] Alonso was ook op die podium in die 2021 Katarse Grand Prix, nadat hy vyfde gekwalifiseer het, maar derde weggespring het weens Verstappen en Bottas wat elk 'n roosterstraf ontvang het.
Remove ads
Formule Een-resultate
2021 – hede
- * Seisoen nog aan die gang
- † Die renjaer het nie die Grand Prix voltooi nie, maar is geklassifiseer omdat hy meer as 90% van die ren voltooi het.
- ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads