Buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika strek vanaf die land se tyd onder heerskappy van die Britse Ryk deur sy sy isolasionistiese tydvak onder apartheid tot sy posisie as 'n verantwoordelike internasionale akteur wat 'n sleutelrol in Afrika, veral Suider-Afrika, speel. Suid-Afrika is 'n lid van die Verenigde Nasies, die Afrika-unie, BRICS en die Statebond. Suid-Afrika is as 'n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, in 2006, 2010 en 2018 deur die VN se Algemene Vergadering verkies.[1] Suid-Afrika dien tans op VN Veiligheidsraad vir die periode 2019–2020.[2] Die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Afrika-unie, die tweede keer dat Suid-Afrika voorsitter is van die organisasie sedert die stigting in 2003.[3]

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Department of International Relations and Cooperation – DIRCO) is die ministerie van buitelandse sake van die Suid-Afrikaanse regering. Dié departement is verantwoordelik vir die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika en dus die land se verhoudings met die buiteland en internasionale organisasies, sowel as die bestuur Suid-Afrika se diplomatieke missies in die buiteland. Die departement word gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, tans Ronald Lamola.

Remove ads

Geskiedenis

Voor-Apartheid

Suid-Afrika het, as 'n sleutellid van die Britse Ryk en die Gemenebes as 'n dominium, saam met die Verenigde Koninkryk en die Geallieerdes in beide die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog geveg, en dit het aan die VN-mag in die Koreaanse oorlog deelgeneem. Suid-Afrika was 'n stigterslid van die Volkebond en stig in 1927 'n Departement van Buitelandse Sake met diplomatieke missies in die belangrikste Wes-Europese lande en in die Verenigde State.

Apartheid

Suid-Afrika het apartheid in 1948 ingestel as 'n stelselmatige uitbreiding van die bestaande rassediskriminasie in die land. Gevolglik het die land internasionaal meer geïsoleer geraak totdat apartheid in 1991 afgeskaf is en rasse-gelykheid tussen 1990–1993 ingestel is. Hierdie oorgang het 'n verandering in Suid-Afrika se buitelandse beleid veroorsaak. Die land het opgehou om 'n regionale hegemoon te wees en het die land geposisioneer om 'n sentrale spilpunt vir samewerking in die streek te wees.

Post-apartheid

Suid-Afrika het, na die internasionale isolasie van die apartheidsera, na vore gekom as 'n toonaangewende internasionale akteur. Die belangrikste doelwit van buitelandse beleid is om goeie betrekkinge met alle lande, veral sy bure in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die ander lede van die Afrika-unie, te ontwikkel. Suid-Afrika het 'n sleutelrol gespeel om 'n einde te maak aan verskillende konflikte en politieke krisisse op die vasteland van Afrika, onder meer in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Comore-eilande en Zimbabwe. In Augustus 1998 het Suid-Afrika die voorsitterskap van die Beweging van Onverbonde Lande tot in Julie 2002 beklee.

Remove ads

Afrika

Meer inligting Staat, Formele betrekkinge begin ...
Remove ads

Amerikas

Meer inligting Staat, Formele betrekkinge begin ...
Remove ads

Asië

Meer inligting Staat, Formale betrekkinge begin ...
Remove ads

Europa

Meer inligting Staat, Formele betrekkinge begin ...
Remove ads

Oseanië

Meer inligting Staat, Formele verhoudings begin ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads