Montana (Engels: State of Montana) is 'n deelstaat in die noordweste van die Verenigde State van Amerika (VSA), met 'n bevolking wat in 2019 op 1 068 000 beraam is. Na sy bewoners word in Engels as Montanans verwys. Montana grens aan Kanada in die noorde, Wyoming in die suide, Idaho in die weste en Suid- en Noord-Dakota in die ooste. Die Missouririvier ontspring by Brower's Spring.

Thumb
Sononder oor Lake McDonald in die Glacier National Park
Thumb
Die bergwêreld van die Glacier National Park is so asemberowend dat die Nasionale Parkdiens en privaat ondernemings buitelug-huwelikspakkette aanbied[1]
Thumb
Die Flathead-meer, wat deur die gelyknamige rivier gevoed word, is die grootste meer tussen die Mississippi en die Stille Oseaan
Thumb
Sonop oor die Madison-bergreeks, Beaverhead-Deerlodge National Forest
Thumb
Spitstyd in Montana
Thumb
I said... no!
Die reg van weg behoort in die deelstaat aan beeste
Thumb
'n Skotse Angus-bees op 'n weiveld in die Gravelly-bergreeks, Beaverhead-Deerlodge National Forest
Thumb
Hengelsport op die Madison-rivier, Beaverhead-Deerlodge National Forest
Kitsfeite
Deelstaat Montana
Thumb Thumb
Vlag van Montana Seël
Bynaam(e): Treasure State, Big Sky Country, The Last Best Place
Thumb
Kaart van die Verenigde State met Montana uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Gesproke taal(e) Engels <98%, Spaans 1,52%
HoofstadHelena
Grootste stadBillings
Area 4de in die V.S.
 - Totaal381 154 km2
 - Wydte410 km
 - Lengte1 015 km
 - Water3 862 km2
 - % water1 %
 - Breedtegraad44° 21′ N tot 49° N
 - Lengtegraad104° 2′ W tot 116° 3′ W
Bevolking 44ste in die V.S.
 - Totaal989 415
 - Digtheid6,72/km2
48de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste punt Granite-piek
3 901 m
 - Gemiddeld549 m
 - Laagste puntKootenai-rivier by Idaho-grens
549 m
Toetrede tot die Unie  8 November 1889 (41ste)
GoewerneurSteve Bullock (D)
Luitenant-GoewerneurMike Cooney (D)
WetgewerMontana Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreJon Tester (D)
Steve Daines (R)
Tydsone Mountain: UTC-7/DST-6
Afkortings MT US-MT
Webbladwww.mt.gov
Sluit

Montana is die vierde grootste Amerikaanse deelstaat volgens oppervlakte na Alaska, Texas en Kalifornië, maar met 'n bevolkingsdigtheid van slegs ses inwoners per vierkante myl ook een van die mees ylbevolkte. Die deelstaat se naam is afgelei van die Spaanse montaña wat as "berg" of "bergagtige streek" vertaal. Met 'n gemiddelde hoogte van 3 400 voet bo seevlak is Montana se pieke die laagste in die Rotsgebergte-streek.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.